kategorieë: WenkeSkoonheid

Dag Zero-skoonheidswenke

Gesig

1. Gebruik Micellar- water en watte

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek reinig my gesig met Micellar- water en watte. Dit verwyder grimering en laat my vel skoon voel. Soggens voor ek vinnig “stort,” reinig ek weer my gesig hiermee, maar ek hou tog my gesig ook vinnig onder die stort.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In plaas van ’n gesigreiniger wat skuim, gebruik ek ’n ensiembehandeling, QMS Exfoliant Fluid, wat ek vir 10 minute aanlos en dan vinnig onder die lopende water van die “stort” afspoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Kleur jou wimpers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kleur (tint) jou wimpers sodat jy nie nodig het om maskara aan te wend nie. Maskara gebruik gewoonlik die meeste watte/grimeerverwyderaarslappies en dus water.

Julienne 45Day Permanet Mascara (R109,95 Dis-Chem)

Stort

1. Vang koue stortwater op en gebruik dit vir die kinders se bad of vir wanneer jy kook.

2 . Stort oor ’n kommetjie om grys water op te vang.

3. Maak jouself nat, draai die krane toe terwyl jy was en draai dit net oop om af te spoel.

4. Gebruik die grys water in jou toilet. Gooi dit in ’n emmer met ’n deksel, so trek dit minder muskiete en kinders kan nie hierin verdrink nie.

5. Kies bio-afbreekbare produkte, vir ingeval jy grys water op plante ook wil gooi.

Lees ook: Jy kan water spaar met die regte skoonheidsprodukte

Ek hou emmers in my badkamer; een vir gryswater en een om skoon water mee op te vang.

Merk die deksels met ’n Koki-pen om dit te onderskei.

Hare

1. Oefen nou al om jou hare minder te was.

2. Was op ’n dag wanneer jy weet jy vir ’n paar dae nie gaan oefen nie.

3. Soos met stort, draai ek die krane oop, maak my hare vinnig nat en dan was ek dit terwyl die krane af is.

4. Gebruik met elke tweede/derde was ’n Clarifying Shampoo. Hierdie stap is belangrik omdat jy baie meer stileerprodukte en droë sjampoe gebruik wat maak dat jou hare vuiler is.

5. Wees kreatief met verskillende haarstyle. Volg hierdie stappe:

  • Dag 1: Blaas jou hare goed droog en gebruik so min moontlik produkte.
  • Dag 2: Jou hare behoort nog nie produkte nodig te hê na die vorige dag se “blowdry” nie. As jy oefen, gebruik ’n bietjie droë sjampoe.
  • Dag 3: Droë sjampoe!
  • Dag 4: Tekstuursproei of -produkte vir ’n deurmekaar styl. Gewoonlik steek ek die boonste seksie van my hare agtertoe vir ’n half op-, half af-styl.
  • Dag 5: ’n Half op, half af- bolla met tekstuursproei deur die res van jou hare.
  • Dag 6: Die bo-bolla behoort jou hare ook sommer meer volume te gee. Kam jou hare terug, spuit tekstuursproei aan en steek die boonste dele agtertoe.

6. Skaf haarbykomstighede, serpies en hoede aan. Ek hou van die tipe strooihoede en sonhoedjies wat oop is bo, want dit druk nie jou hare plat nie en laat ook nie jou kop sweet nie.

8 sonder-water-staatmakers

1. Hou watersproei byderhard

Hierdie is heerlik om net oor jou gesig en lyf te spuit wanneer jy warm en taai voel. My kinders is ook gaande hieroor. Wanneer ek af voel oor die waterkrisis, lig Sisley Floral Mist Spray (R1 141) sommer dadelik my gemoed. Ek het dit as geskenk gekry tydens ’n besoek aan Sisley se hoofkantoor in Parys. Hulle was gaaf genoeg om die sproei in ons hotelkamers te los gedurende ’n hittegolf in Parys. Dit koel jou af terwyl dit jou terselfdertyd lekker laat ruik.

2. Skaf reinigingslappies aan

Skaf ’n magdom baba-reinigingslappies aan en vee vuil voete en hande, veral van kinders wat nie elke aand bad nie, hiermee af. Gebruik dit sommer vir jouself ook vir wanneer jy ’n stort mis. Kyk uit vir bio-afreekbare lappies as jy kan, want om so baie te gebruik kan nie goed wees vir die omgewing nie.

3. Hou aan met skeer of waks as jy dit altyd gedoen het

Ek voel beslis of ek meer na sweet ruik wanneer my onderarmhare lank is.

4. Sit herlder lipstiffie aan , dit lig jou gemoed

As ons vuil voel, is ons meer geneig om ook lelik te voel, probeer dus om steeds grimering aan te wend as jy altyd het. ’n Helder lipstiffie lig dalk net jou gemoed.

5. Hou ’n geseëlde drommetjie met ’n lekkeruik sakkie in om die toiletpapier (vir geel gevalle, nie bruin nie) in te gooi.

Dit keer dat jou toilet blok omdat daar so baie toiletpapier in is sonder om gespoel te word.

6. Brand gegeurde kerse in jou badkamer.

7. Skaf ekstra onderklere aan

Nog ’n wenk wat jy kan oorweeg, as jy desperaat is, is om panty-liners te gebruik om jou onderklere langer te laat hou. Vir nou skaf ek eerder nog onderklere aan.

8. Skaf waterlose handwasprodukte aan.

Artikel deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Pixabay

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.