Foto: Pexels
Ontwerperstuiskantore is nie noodwendig prakties nie. Luukse gestoffeerde eetkamerstoele lyk pragtig, maar bied geen ondersteuning vir jou rug nie. Piepklein antieke lessenaars bied nie genoeg spasie vir ’n rekenaar, drukker en papierwerk nie. Die dramatiese rooi muur bokant jou rekenaarskerm kan jou later irriteer. Hier is 7 wenke vir die perfekte tuiskantoor:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die bokant van jou rekenaarskerm behoort ooghoogte te wees. So rol jou oë afwaarts as jy lees wat jou oë bevogtig. Dit verhoed oog-moegheid. Plaas ook jou toetsbord so dat jou arms parallel met die vloer is. Pas jou stoel aan sodat jou voete op die grond of op ’n dwarsbalk van die stoel rus.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Foto: iStock/petrunjela
Moenie jou tuiskantoor in ’n donker hoekie van jou huis inrig nie. Kies ’n area naby ’n venster. Dit is goed vir natuurlike lig asook ’n uitsig as jy ’n breek wil neem.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Al gebruik jy natuurlike lig, is bykomende lig belangrik. Meeste dakligte is onvoldoende vir kantoorwerk. Kry ’n goeie lessenaarlamp vir jou kantoor.
iStock/KatarzynaBialasiewicz
Liasseerkabinette is nie baie aantreklik nie, so span alternatiewe maniere in om jou papierwerk te stoor. Oop rakke met mandjies werk baie goed en is sag op die oog.
Maak seker dat daar ’n gemaklike stoel is om ’n blaaskans te neem. ’n Oorgooi-deken en strooikussing rond hierdie hoekie perfek af.
Plante maak jou gelukkig. Dit bring die natuur na binne.
iStock/KatarzynaBialasiewicz
Jou notabord is nie net vir werksdinge nie, maar ook vir inspirerende woorde en foto’s van jou geliefdes. So ’n bord is noodsaaklik in jou kantoor.
Foto: iStock/KatarzynaBialasiewicz
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.