kategorieë: GrimeringSkoonheid

Kleurregstellende verbloemers

Kleurregstellende verbloemers word gewoontlik onder die oogarea, om jou neus en oë gebruik. Dit stel donker skaduwees, geel en rooiheid op die vel reg. As jy die regte skakering aanwend, kan jy die perfekte voorkoms skep met jou grimering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kleure wat oorkant mekaar staan ​​op die kleurwiel, kanselleer mekaar gewoontlik uit. Dit wil sê, ’n groen kleurregstellende verbloemers sal rooiheid verbloem, pers sal geel kolle verduister en oranje sal sorg dat blou kringe verdwyn. As jy hierdie teorie toepas, kan jy jou grimeerroetine baie maklik maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Groen

Groen staan oorkant rooi op die die kleurwiel, so dit beteken dat groen perfek is om enige rooi merke op jou gesig te verbloem, soos puisies, aknee of littekens. As jy met Rosacea sukkel, sal ’n groen voorbereidingslagie ook help om die ongewensde rooiheid op jou vel weg te steek en jou die perfekte eweredigheid gee vir die voorbereiding van jou onderlaag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Oranje

Oranje is perfek vir diegene wat sukkel met donker kringe onder die oë, aangesien oranje oorkant blou lê op die kleurwiel. Indien jy ’n ligter vel het, moet jy oranje vermy en eerder ’n ligte verbloemer met ’n appelkoos-skakering gebruik.

Pienk

’n Pienk kleurregstellende verbloemer is gewoonlik meer van ’n salm kleur en word gemaak deur rooi, oranje en geel te meng. Gelukkig is daar reeds ’n paar pienk verbloemers  op die mark. Pienk word gebruik om donker kringe op ligter velle te verbloem.

Pers

Pers is die beste vir die bekamping van geel ondertone op die vel. Gebruik ’n pers voorbereidingslagie om geel merkies op jou vel te verwyder, asook om jou vel effens kleur te gee as jou vel baie vaal lyk.

Geel

Geel kleurregstellende verbloemers word gebruik om enige letsels wat ’n pers kleur het te verbloem, byvoorbeeld: are, kringe onder die oë en kneusplekke.

#rooirosewenk

  • Wend ’n dun lagie verbloemer aan, anders gaan die kleur deur jou onderlaag wys.
  • Moet dit nie oordoen nie, gebruik slegs kleurregstellende verbloemers indien jy letsels, merkies en kringe wil verduister. Moenie kleure gebruik wat jy nie nodig het nie. Gebruik dit slegs wanneer die merkies duidelik sigbaar is.
  • Gebruik ’n grimeersponsie om dit mooi eweredig aan te wend.

Probeer die volgende produkte

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.