Sonette Donker, eienaar van skinid.co.za, sê wat die grootste foute is wat ons almal maak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
1 Jy maak nie jou botteltjies toe of draai nie jou doppies behoorlik vas nie. Dit kan veroorsaak dat aktiewe bestanddele (soos Retinol, vitamiene C, salielsuur, sonskerm en vitamiene E), onaktief word en jy sal nie die resultate sien waarvoor jy betaal het nie. Skadelike bakterieë kan ook in jou produkte groei wat vel-sensitiwiteit en irritasie kan veroorsaak. Dit kan selfs tot erge teen-reaksies lei, soveel so dat medikasie nodig raak. Só, maak jou potjies en botteltjies styf toe!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }2 Jy los jou produkte in sonlig of in ’n warm, klam badkamer. Dit kan veroorsaak dat jou produkte af gaan en vreeslike vel-irritasie veroorsaak.
3 Jy los produkte in die warm stort wat nie behoorlik toegedraai is nie. Dit kan veroorsaak dat muf hierin groei en vel-irritasie veroorsaak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }4 Jy spandeer geld aan serums of rome met aktiewe bestanddele wat in potjies is. Produkte soos serums wat aktiewe bestanddele bevat, moet altyd in lug- en ligvrye verpakking wees. Met ander woorde, botteltjies wat donker is of wat nie lig deur laat nie.
5 Jy los borsels, van lyf- tot elektroniese gesigborsels, in die stort. Jy moet dit egter in die son los om te keer dat bakterieë daarop groei. Gebruik TCP-mondspoelmiddel waarmee jy jou borsels minstens een keer per maand kan steriliseer om dit te verhoed.
6 Jy gebruik te veel of te min produk. Dit kan verhoed dat jy resultate sien. Volg altyd die riglyne op die verpakking of luister wat jou terapeut sê.
7 Jy hou sonskerm vir langer as ’n jaar. Die bestanddele kan onaktief raak en jy kan brand. Kyk na die vervaldatum van die sonskerm.
8 Jy gebruik te min sonskerm.
9 Jy maak ’n produk oop, gebruik ’n bietjie en gebruik dit weer na twee jaar. Produkte moet gewoonlik binne twee jaar vandat dit gemaak is, gebruik word. Ou produkte kan tot vel-irritasie en allergieë lei.
Lees ook: Bevogtig jou somervel
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.