kategorieë: WenkeSkoonheid

Skoonheidsprodukte: Regpak, wegpak en uitgooi

Skoonheidsprodukte: Regpak, wegpak en uitgooi deur Suzanne Kotzé.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sorteer en groepeer, pak reg en weg.

Ruk dit reg!

Met Marie Kondo se uistorteermetode moet jy dit wat jy uitsorteer alles op een hoop sit. (Psst! kyk gerus die Netflix reeks Tidying Up with Marie Kondo as inspirasie)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ontklotter jou huis én jou lewe met hierdie eenvoudige raad

1. Begin só

Begin deur al jou skoonheidsprodukte  op een plek te sit. Gaan dan stap-vir-stap deur ons lysie:

2. Gooi dit uit!

Gooi sommer dadelik die volgende uit:

  • Produkte wat reeds verval het – veral produkte wat snaaks lyk of ruik
  • Produkte in potjies (wat meer geneig is om besmet te raak) wat verby hul vervaldatums is,
  • Produkte waarvan die doppies nie behoorlik toegedraai was nie.

Hoe lank kan my skoonheidsprodukte hou?

Kyk na jou verpakking vir die teken wat aandui hoe lank na oopmaak jy die produk nog kan gebruik

Bekende skoonheidskrywer en kenner Paula Begoun se navorsingspan gee die volgende raad:

Die 12M of 6M wys hoe lank nadat jy dit oopgemaak die produk kan hou.

#rrWenk: Die probleem is dikwels dat mens nie kan onthou wanneer jy die produk oopgemaak het nie. ’n Goeie wenk is om met ’n khoki die datum waarop jy dit oopgemaak het op jou produk te skryf

Hoe weet jy as ’n produk ‘af’ is?

  • Die kleur lyk snaaks.
  • Dit lyk loperig of of klonterig en voel anders op jou vel as wat dit aanvanklik gevoel het.
  • Wees veral versigtig vir produkte in potjies, jou vingers (wat dalk nie altyd so skoon is wat jy dink nie), besmet dikwels produkte.
  • Onthou ook om jou produkte nie in direk sonlig te bêre nie, ’n kas of laai is beter.

Hoe lank kan produkte in die algemeen hou?

As jy dalk nie die teken kan sien nie of jy nie kan onthou wanneer presies jy dit oopgemaak het nie:

  • Gesigreinigers: 1 jaar
  • Tonikums: 6 maande tot 1 jaar
  • Maskers: 6 maande tot 1 jaar
  • Afskilferaars: 6 maande tot 1 jaar
  • Bevogtigers (gesig en lyf): 6 maande tot 1 jaar.

Lees ook: Jou grimering se raklewe

Dink twee keer voordat jy dit in jou drom gooi

Onthou om herwinbare verpakking eenkant te hou.

Leë oogroom-potjies is ideaal om ringe of klein juweliersware in te bêre. Dit is ook ideaal vir babas of kleuters om te gebruik om oop en toe te draai.

Leë serum-houertjies en -druppers is lekker vir kinder-handwerkprojekte. Drup byvoorbeeld ink in water in met die druppers, ens.

Leë kartonhouertjies is wonderlik vir ‘box- construction’. My seuns omtower dit in enigiets van karre tot kanonne en kastele!

Lees ook:  Groen skoonheid 101: Gooi jy jou bio-afbreekbare produkte en verpakking  reg weg?

2. Pak dit weg!

Sit produkte wat jy nog wil gebruik en wat nog nie verval het nie eenkant.

Daar is soms produkte wat jy koop en dalk nie met jou vel akkordeer nie of waarvan jy net nie hou nie. Sit dit in ’n houer en met jou volgende Zoom-afspraak met jou vriendinne hoor of iemand dalk iets wil hê en hou dit eenkant tot jy hulle weer sien.

3. Pak dit reg!

Sorteer produkte volgens soort uit.

Marie Kondo beveel aan dat jy kleiner houertjies gebruik om produkte in te groepeer.

#rrWenk: Pak eers jou ‘Tupperware’-kas reg en gebruik houers wat nie meer deksels het nie. Ou selfoonboksies is ook wonderlik om produkte in te bêre.

Maak seker jou produkte is maklik bereikbaar en sigbaar. Anders is dit ‘out of sight, out of mind’ en word dalk net nog ’n produk wat jy oor ’n jaar moet uigooi.

Ek het sommer vanoggend self my produkte uitsorteer.

En ja, ek weet ek het heeltemal te veel produkte, maar dit is wel deel van my werk om produkte te toets … 😉

Deel
Gepubliseer deur
Suzanne Kotzé

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.