kategorieë: Ons menseBekendes

Skrywer van die maand: Corli Botha

Wanneer het jy geweet jy gaan kook vir ’n bestaan?

Ek dink daar was nog altyd ’n liefde vir iets in die kombuis, my ouma Corrie was ook ’n groot invloed met haar koeke, troukoeke en gebak wat van kindertyd soos “feetjiesprinkels” op my gaan lê het en al die bakpoeier laat rys het. Ek het drie jaar gelede besluit dat daar geen rede is hoekom ek my liefde, passie en elke dag se kook- en bakgenot nie as ’n beroep kan uitleef nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe het jou tyd in Frankryk jou beïnvloed?

Ek dink ’n stukkie van my hart lê nog in Frankryk. Ek het baie tyd in koswinkels en koffieplekkies deurgebring en by die huis gaan probeer wat ek met die oog gesien het. Die Franse doen met soveel gemak iets met kos en gebak wat so anders en intens is. ’n Stukkie van Frankryk het ek toe nou maar teruggebring. Ek het verlief geraak op die idee van “Frans” en kort-kort sien ek dat dit onwetend na vore kom in alles wat ek doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat het Koekedoor vir jou beteken?

Dit het vir my ’n ongelooflike platform gebied en my gedwing om my vlerke te sprei en kanse te waag wat ek dalk nie in normale omstandighede sou doen nie. Dit het my laat besef dat ek enigiets kan doen as ek daarop fokus. Dit het my ook laat besef dat ek, ’n doodgewone vrou, mamma en vriendin, iets het om te bied en dat ’n mens elke dag ’n verskil kan maak. Jou drome is nooit te groot nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Is dit moeilik om ’n kookboek te skryf?

Ek het deur die jare soveel uitknipsels, resepteboeke en resepte bymekaargemaak en op die proef gestel dat dit nie moeilik was om idees te kry van wat ek in ’n resepteboek sou wou hê nie. Ek het begin skryf aan maklike elkedagse geregte of happies wat enigiemand kan maak. Ek het ook ’n paar van my gunsteling-grootkoekresepte in die boek gedeel. Én ek het dit reggekry om ’n Franse baguette met Suid-Afrikaanse meel te bemeester!

Corli se Kombuis, deur Corli Botha

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

23 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.