kategorieë: Gesondheid

Slim wenke vir menopouse en menstruasie

Hoe weet ek of die bloeding tydens my menstruasie normaal is?

Hoewel jou menstruasie meer onreëlmatig kan word gedurende peri-menopouse, moet jy op die uitkyk wees vir die volgende veranderings en ’n gesondheidspraktisyn spreek indien jy dit ervaar:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Baie swaar bloeding
  • Bloeding wat meer gereeld as elke drie weke voorkom
  • Bloeding wat langer aanhou as waaraan jy gewoond is
  • Bloeding na seks of tussen maandstondes

Jy moet enige bloeding na menopouse aan jou dokter rapporteer, aangesien dit abnormaal is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat veroorsaak abnormale bloeding?

Daar is baie oorsake van abnormale bloeding, maar die algemeenste hiervan is poliepe, endometriale atrofie (waar die endometrium te dun word), en endometriese hiperplasie (waar die voering van die baarmoeder verdik). Dit mag tot kanker lei so dit moet vroeg gediagnoseer en behandel word.

Poliepe:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Is gewoonlik nie-kankeragtige (goedaardige) groeisels
  • Heg vas aan die baarmoederwand of ontwikkel op die endometriale oppervlak
  • Veroorsaak onreëlmatige en swaar bloeding
  • Binne die servikale kanaal of op die serviks kan bloeding na seks plaasvind

Wat kan ek aan abnormale bloeding doen?

Die beste ding wat jy kan doen is om die oorsaak van die bloeding so gou moontlik deur jou vertroude geneeskundige te laat diagnoseer. Die geneeskundige kan toetse, ’n ultraklank en ’n biopsie (waar ’n bietjie weefsel geneem word om te analiseer), doen.

Watter behandelings is beskikbaar vir abnormale bloeding?

Die behandelings vir abnormale bloeding sal van die oorsaak afhang. Dit varieer van medikasie tot chirurgie (wat ’n histerektomie kan insluit). Dus moet jy die opsies met jou geneeskundige bespreek.

Geen lekkasie, geen sorge met Kotex® All Nighter Maxi Pad

Die nuwe Kotex® All Nighter Maxi Pad gee jou ekstra beskerming teen lekkasie gedurende die aand of die dae wat jy baie swaar bloeding ervaar. Die nuwe Kotex® All Nighter Maxi Pads is ontwerp om velgemak te maksimaliseer, teen lekkasie te beskerm en om die liggaam perfek te pas. Dra jou Kotex ® All Nighter Maxi Pad vir daardie ekstra bietjie selfversekering.

Besoek Kotex SA se webblad hier | Facebook

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

18 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.