kategorieë: InspirasieJou lewe

Slim wenke vir wasdag

Slim wenke vir wasdag. Saamgestel deur Cornelia Postma.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wasmasjienwenke

  • Moenie jou masjien oorlaai nie, dit verhoed dat al jou wasgoed behoorlik skoon kom.
  • Gebruik ander siklusse of instellings, dit kan jou klere ’n langer leeftyd gee as wanneer jy jou gewone of delikate instelling gebruik.
  • Het jou klere gekrimp? Herstel dit deur jou klere vir ’n paar minute in opknapper of baba-sjampoe te week. Rek en rol dit dan weer na die normale grootte.
  • Raas dit baie wanneer jy jou skoene was? Knoop die lusse en laat dit buite die wasmasjien se deur hang.
  • Moenie jou tuimeldroeër misbruik nie, dit kan jou klere verniel. Gebruik Suid-Afrika se warm son tot jou voordeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Strykwenke

  • Stryk plooie reg deur dit met ’n skuifspeld (paper clip) of skuifknippie vas te maak en dan daaroor te stryk. Wees net versigtig dat die skuifspeld nie vashaak nie.
  • Gebruik die regte tegniek deur reguit af te stryk en nie rond te wikkel nie. Die klere kan uitrek as jy ’n strykyster oor die klere wikkel.
  • Spaar tyd deur jou strykbord met foelie toe te draai (blink kant na bo), sodat jy altwee kante van die item op een slag kan stryk – die foelie gelei hitte, maar werk versigtig!
  • Sorg dat jou klere lekker ruik deur ’n druppel van jou parfuum by die strykyster se water te gooi en dan te stryk.
  • Beskerm jou klere se voorkoms deur dit aan die binnekant te stryk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Opvouwenke

  • Kledingstukke wat glad is of moeilik is om op te vou, moet liefs opgehang word.
  • Gebruik ’n tydskrif om hemde met knope te vou.

Foto: Madison Inouye

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees nog: Vou jou klere in ’n oogwink

Nog oulike wasgoedwenke

  • Voorkom dat sykouse leer deur haarsproei daarop te spuit.
  • Gebruik ’n wit brood se binnekant om ’n lipstiffiemerk uit ’n hemp te haal. Die hele merk sal nie verdwyn nie, maar dit wat oorbly sal in die wasmasjien uitkom.
  • Gebruik ’n skeermessie om verf van klere af te kry.
  • Gebruik verskillende mandjies om vuil klere te sorteer.
  • Gebruik ’n haakspeld om stelle kouse bymekaar te hou voor jy dit in die wasmasjien sit.

Lees nog: 6 wenke vir wanneer jy oefenklere koop

Hooffoto: Pixabay

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.