Sluit by ons aan by die Fertility Show Africa. Dis hierdie jaar GRATIS!

As jy aktief na antwoorde, oplossings en behandelings op soek is of spesialiskennis, ondersteuning en bemoediging benodig, verskaf FSA 2022 die geleentheid om vertroulik met klinici en kenners te praat, sowel as om vrae te vra, antwoorde te vind en inligting vanaf party van die wêreld se beste spesialiste, embrioloë, verpleegsters, sielkundiges en voorste kenners in die vrugbaarheidsveld wat self met hierdie probleme gesukkel het, in te samel. Skou-deelnemers sluit borge, praktisyns, vrugbaarheidsklinieke, regsadviseurs, ondersteuningsgroepe, surrogaat-, aannemings- en skenkeragentskappe, natuurlike vrugbaarheidsoplossings en -aanvullings, aanvullende en alternatiewe terapie, en voeding- en leefstyladviseurs in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

FSA 2022-hoogtepunte sal die gewilde Kennerpraatjies-program, die Ondersteuningsone, die V&A-sessies (in-persoon en aanlyn), en ’n uitstalgebied insluit. Die uitstalgebied sal die jongste vrugbaarheids- en reis-na-ouerskap-produkte en -oplossings ten toon stel en besoekers sal daar met uitstallers kan gesels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Met die wete dat baie diegene wat met onvrugbaarheid sukkel ’n sekere vlak van privaatheid en vertroulikheid verkies, sal FSA 2022 ook ’n aanlyn geleentheid wees. Dit sal nie net ’n platform vir diegene wat hul bywoning meer privaat wil hou verskaf nie, maar maak dit ook vir besoekers van regoor Suid-Afrika, die res van Afrika en die wêreld moontlik om die geleentheid by te woon.

Party van die bevestigde sprekers vir Kennerpraatjies sluit in: Noluthando Nematswerani (Discovery Health), Prof. Donrich Thaldar, Dr. Sulaiman Heylen, Dr. Lawrence Gobetz, Dr. Wamjiru Ndegwa, Dr. Antonio Rodrigues, genetiese raadgewer Kelly Loggenberg, Dr. Giuliana Baccino, Dr. Razina Patel, Prof. Zozo Nene, Dr. N. J. Biko, Dr. M.I. Cassim, Dr. Alfred Murage, Dr. Victor Hulme, Dr. Tessa Moll, Dr. Rizwana Roomaney, Advokaat Linda Retief, Mandy Rodrigues, Suster Hanlie Monnery, en voormalige president van die Association for Dietetics in Suid-Afrika, Claire Julsing-Strydom.

3Sixty Biomedicine se hoofuitvoerende beampte, Boitumelo Sebambo, het gesê: “Fertility Show Africa wys weer waarom dit die topgeleentheid vir die deel van belangrike inhoud oor onvrugbaarheid is.”

Onderwerpe wat gedek sal word, sluit in: Voorbereiding vir IVF; Toevoegings tot IVF en of jy hulle nodig het; Hoekom etiese praktyke saak maak wanneer dit by IVF kom; Ouderdom en vrugbaarheid; Onlangse ontwikkelings in vrugbaarheidsmedisyne; Pre-inplantasie genetiese toetsing: Die verskillende opsies verduidelik; Sosiale eiervries; Endometriose en PCOS – Vroulike vrugbaarheid; Eier- en sperm-skenkingsiklus; Oorsake van IVF-mislukking en hoe om die risiko te verminder; Die rol van minimaal-indringende chirurgie in vrugbaarheidsbehandeling; Voortydige en lae ovariese reserwe: Wat dit is en wat die opsies is; Surrogaatskap, as ’n vrou wat nie haar eie babas kan dra nie; Surrogaatskap, as ’n selfdegeslag-paartjie; en Surrogaatskap – die wet.

“Fertility Show Africa is ’n wonderlike geleentheid omdat dit kwessies wat nie gewoonlik openlik bespreek word nie, na vore bring. Bo en behalwe die fantastiese inligting wat verskaf word, help die FSA ook om ondervindings met onvrugbaarheid te valideer,” sê dr Rizwana Roomaney, ’n sielkunde-dosent aan die Universiteit van Stellenbosch.

Die Ondersteuningsone-program sal net so inklusief wees, en is gevul met kenners wat moet-weet-kwessies dek, soos dieet- en leefstylveranderings vir verbeterde manlike spermgesondheid (deur farmaseut Debra Langley); aanneming in Suid-Afrika (met private maatskaplike werker Sue Krawitz); hoekom ’n vrugbaarheidskoördineerder belangrik is in ART (Suster Hanlie Monnery); onvrugbaarheid in die Afrika-gemeenskap (Pastoor Jerry en Mev. Karabo Zwane); die rol van mediasie na bevrugting (Advokaat Linda Retief); en meer. Daar sal ook ’n eksklusiewevertoning gewys word van Wasted Seed, ’n kortfliek wat al telkens bekroon is, wat die humor, trauma en absurdheid van onvrugbaarheid op ’n verfrissende dapper en realistiese wyse ondersoek.

“Wat ’n fantastiese, professionele, nuttige vertoning,” sê Tertia Albetyn van die Nurture Egg Donor-program by FSA 2021.

FSA word trots ondersteun deur Ferring Pharmaceuticals, IFAASA (Infertility Awareness Association of South Africa) en SASREG (South African Society for Reproductive Medicine and Gynaecological Endoscopy).

Media-vennote is Fertility Road, Europa se eerste IVF-tydskrif wat daarop gemik is om mans en vroue op hul pad na ouerskap te help, en IVFbabble Africa, wat leiding, ondersteuning en mediese advies van vertroude kenners, en ware stories van die gemeenskap wat probeer swanger raak, verskaf.

Fertility Show Africa is GRATIS om by te woon. Kry jou gratis kaartjie vandag via Quicket.

Volg Fertility Show Africa op:

Facebook

Twitter

Instagram

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.