kategorieë: GebakKos

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies

• 500 ml (2 k) koekmeel
• 80 ml (1⁄3 k) kakao
• 3 ml (½ t) bakpoeier
• knypie sout
• 250 ml (1 k) sagte botter
• 125 ml (½ k) suiker
• 1 eier
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 150 g (1½ blok) donkersjokolade, fyn gekap
• 125 ml (½ k) gevlokte amandels, fyn gekap
• Versiersuiker om oor te strooi

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met silikoon- of bakpapier uit.
1 Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.
2 Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eier en vanielje by en meng goed.
3 Meng die meel by die eiermengsel. Meng dan die sjokolade en amandels by. Bedek die deeg met kleefplastiek en sit vir 30 min. in die yskas.
4 Rol die deeg in eetlepelgrootte balletjies en pak 1 cm uit mekaar op die bakplaat. Druk effens platter en sif versiersuiker oor.
5 Bak vir 10-12 min. tot gaar en die bokante effens kraak. Draai die bakplaat ná 6 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat eers effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.
6 Sif weer versiersuiker oor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.