Smulpaap: Jannie du Toit en Leon Gropp deel die verhoog inligting en foto verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Leon Gropp, voorheen lid van die instrumentale groep CH2, en Jannie du Toit, pionier van Afrikaanse musiek, bied op 8 April 2019 in die Atterburyteater ’n gesamentlike produksie aan wat hulle SMULPAAP noem. Hulle erken daarmee dat hulle lewensgenieters is – smulpape van musiek en taal.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook ons onderhoud met Leon Gropp
Die musiekpad voel soms soos ’n bergpas of ’n mallemeule – paaie wat bly kronkel deur opdraandes en afdraandes, waar jy in ’n laagte sonder enige uitsig kan ry en dan weer baie ver kan sien van ’n hoë kruin af. Jy sien ook van tyd tot tyd ander karre daar doer ver vir ’n oomblik tussen die bome uitflits en dan weer verdwyn.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Jannie en Leon is musiekmakers wat gereeld in die verbygaan vir mekaar waai, groot respek het vir mekaar se werk en lankal besef dat hulle baie in gemeen het: ’n passie vir die lewe, vir skoonheid, vir goeie smaak, vir musiek en vir taal. Hulle staan op verskillende punte in daardie besondere reis van kunstenaars wat die klem op artistieke uitnemendheid plaas. Nou gaan die twee vir ’n aand saam in ’n dubbelkarretjie van die mallemeule te klim – ’n keer hulle ware saam uitstal, soos Langenhoven sou sê vreugde deel om op dié manier die vreugde groter te maak.
Hulle word op die verhoog bygestaan deur Jannie se gevestigde ensemble van Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier) en Theuns Botha (tromme) asook Leon se gereelde pianis, Marcel Dednam. Die werk van woordkunstenaars en musikante soos N.P. van Wyk-Louw, Christa Steyn, Koos Doep, Lucas Maree en Jacques Brel sal te hore wees, maar die klem is op Leon en Jannie se eie materiaal – hoofsaaklik nuwe komposisies uit hulle penne en kitare: kos vir die fynproewer.
Kom smul saam!
Plek: Atterbury-teater, Pretoria
Datum: 8 April 2019
Tyd: 20h00
Bespreek kaartjies by iTickets
Kaartjies kos tussen R150 en R170
Navrae: 012 942 5951
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.