kategorieë: ReisOntspanning

Só beplan jy ‘n lekker wittebrood in die Maledive

Daar is ‘n rede hoekom baie mense sê dis een van die mees romantiese plekke op aarde. ‘n Plek waar die luukse gevind kan word in die lekkertes waaroor die menslike siel eintlik sing, die eenvoudige dinge, soos om jou skoene uit te skop en weer kind te word. Kaalvoet, ongebonde met net die regte skeut romanse in die mengsel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kies ‘n eiland of ‘n oord wat jou hartsnare roer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Maledive het hope klein eilande, meer as 1000, en elkeen kom met sy eie bekoring. Baie van hierdie eilande het privaat vakansieoorde en ander fokus meer op familie en kinders. Afhangende van jou en jou geliefde se persoonlikhede gaan die besluit rondom ‘n oord die toon aangee vir die tipe wittebrood waarvan julle droom. Wanneer ‘n mens na die doel van ‘n wittebrood kyk, in die tradisionele sin van die woord, dan is dit om op mekaar te fokus, en die lawaai van kinders en oorvol oorde sal iets wees om te vermy.

Jou beste opsie vir ‘n wittebrood sal beslis die een wees waar bederf, romanse en privaatheid bo aan die lys is. Baie plekke bied top spa-behandelings vir paartjies, met die eeue-oue nostalgie van ‘n bottel vonkelwyn, bedien deur ‘n butler. Ander plekke het privaat swembaddens en jy kan kies tussen ‘n magdom opsies – soos ‘n hut wat oor die water hang (‘n oorwater-hut), ‘n villa op die strand en vele meer. Indien jy ordentlik beplan sal jy hierdie ekstra lekkertes as deel van die hele pakket kan kry, want baie oorde gee nog die ekstra tree om pasgetroudes spesiaal te laat voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maak seker julle weet hoe om daar uit te kom

Die meeste internasionale vlugte na die Maledive land eers in Malé. Vanaf die Velana Internasionale lughawe sal julle óf met ‘n seevliegtuig óf ‘n spoedboot na jul bestemming vertrek.

Beide hou ‘n bekoring van hul eie, maar die vlug veral, wat gedurende dagligure sal wees, bied ongelooflike mooi uitsigte van die natuurskoon. Hierdie opsies sal deel wees van jou aanvanklike pakket-keuse, so maak seker dat jy dit nie mis nie.

Kies ’n tyd van die jaar wat julle nie sal wegspoel nie

Indien julle nie hou van reën nie, maar grotendeels die son wil opsoek, maak seker om Maledive vakansiepakette tussen November en April te boek. Hierdie is die tye wat die see ‘n pragtige spieël word, rustig en glad, en die son sal elke dag haar mooi gesig na julle draai. Indien jy nie omgee oor ‘n bui of tien reën nie, maak seker om iewers tussen Mei en Oktober te boek. Nie net is die pryse dan sakpas nie, maar daar is die mooi groen tropiese flora om na uit te sien asook die afwesigheid van groot groepe mense.

Besluit wat julle wil doen tydens die wittebrood

In hierdie halsoorkop-wêreld waar die meeste van ons jaag om net ‘n oomblik vir onsself in te druk iewers, klink dit absoluut hemels om net niks te doen nie, maar gewoonlik, na ‘n nag se goeie slaap, verander daardie prentjie vinnig. Vir die deursnee mens in ieder geval. Laasgenoemde, asook die feit dat mens nou nie elke dag ‘n ekskursie na die Maledive het nie, behoort jou aan te moedig om ander dinge, nuwe, opwindende dinge dalk, te beleef.

‘n Sonsondergang op ’n dhoni-boot, ’n romantiese ete op die strand, of ‘n lekker paartjie-massering in die spa is dinge wat julle eintlik nie moet misloop nie. As julle lief is vir die water, is snorkel en duik ’n móét. Sommige oorde het huisriwwe waar die visse letterlik onder jou voete swem. Daar is ook heelwat uitstappies indien julle avontuurlustig voel, soos die waar ‘n toergids sal sorg dat julle walvishaaie en selfs manta’s (Manta birostris) – ook bekend as die duiwelsvis – van nader kan sien.

Pak slim en lig, sonder drama en aansit

Indien julle besluit het om wel in die somer te gaan, is daar geen rede om oorbodige klere saam te piekel nie. Vat ligte, koel klere, ‘n klomp swembroeke en maak seker dat die sonskerm wat jy saamneem nie die koraal beskadig nie.

Vir die wis en die onwis kan julle ‘n mooi uitrusting of twee vir daardie romantiese etes in jul tasse gooi. Die paartjies wat hou van foto’s, moet onthou om ’n waterdigte kamera saam te neem. Om die waarheid te sê, is dit iets wat julle in elk geval wil doen, hetsy of julle goeie fotograwe is of nie. ‘n Wittebrood is tog iets waarna mens eendag wil terugkyk en daardie oomblikke met ander ook kan deel.

Vir die tipiese Afrikaner is die saamneem van alkohol dikwels nie ‘n verregaande idee nie, maar dit is neusie verby, want dit sal by die lughawe afgeneem word. Dus, los maar die alkoholiese verversings tuis en ondersteun die plaaslike. Daar sal meer as genoeg wyne en spiritualieë wees om uit te kies.

Maak gebruik van enige ekstra bederf wat julle kant toe kom

Wanneer julle bespreek, sê sommer van die begin af dis vir julle wittebrood. Baie oorde doen al die ekstras om die pasgetroudes se tyd daar onvergeetlik te maak. Goed soos gratis vonkelwyn, ‘n privaat ete of daardie ekstra bos blomme is geensins ‘n mite nie. Wanneer die geluk aan julle kant is, mag julle dalk selfs ‘n opgradering kry.

Moenie vergeet hoekom julle eintlik daar is nie

Soos enige mooi plek op hierdie aarde, is die Maledive meer as ‘n stukkie op ‘n kaart – dit is ‘n gevoel en ‘n droom om te ervaar in die oomblik en om te bewaar vir die toekoms. Ongeag waarop julle besluit en ongeag wat julle doen of nie, maak elke oomblik geld.

Na alles wat hierdie lewe kan bied, staan slegs een waarheid soos ‘n paal bo water uit, die enigste wat jou siel sal kan saamneem na jou reis hier voltooi is – liefde – en watter beter verskoning as ‘n wittebrood in die Maledive?

Lees ook: Goeie energieplanne wat altyd werk

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Lewe jy saam met ’n beheervraat?

Daardie onuitstaanbare mens by die werk, of ’n familielid wat altyd sy of haar sin…

23 hours Gelede

Keer verkoues so!

Het jy geweet jy kan met ’n pil wat by jou verkouefase pas jou verkoue…

1 day Gelede

Die 5 beste oefeninge vir ’n ferm agterstewe

Lyk my agterstewe goed hierin? Maak vrede met jou sitvlak en fokus eerder op ’n…

1 day Gelede

‘Die brug’ se Wilhrisca: “Ek het nutteloos gevoel. Asof ek nie vertrou word nie.”

kykNET se Die brug hou kykers op die punt van hul stoele met skokonthullings en onverwagse emosionele…

1 day Gelede

Geurige tamatiesop met mozzarella

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Grondboontjiebotter-brood-en-botter-poeding

  Genoeg vir 6.   Bestanddele   10 snye witbrood 80 ml grondboontjiebotter 80 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.