kategorieë: Leef gesondGesondheid

11 dinge wat almal oor mantelvliesbreuk, of hernia, moet weet

11 dinge wat almal oor mantelvliesbreuk, of hernia, moet weet deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/Sinenkiy

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

‘n Mantelvliesbreuk lyk nie altyd soos die tipiese groot knop wat, amper soos ‘n tennisbal, iewers op jou buik uitpeul nie. Dit kan ook platter wees en bra baie na ekstra vetjies oor jou naeltjie lyk. Of dit kan onsigbaar in jou buik versteek wees, en jou taamlik pyn gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dit is goed om die volgende 11 dinge te weet:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Dis is hoe ’n breuk ontstaan en die tipes breuke wat jy kry

’n Breuk beteken letterlik dat die spierlae van jou buikwand iewers skeur sodat ‘n stukkie van jou ingewande daardeur uitpeul.

Daar is ‘n paar soorte breuke, soos ‘n breuk oor jou naeltjie, of ‘n breuk in jou lae buik (lies) of bobuik, veral by jou maag en slukderm.

‘n Ander soort is die sogenaamde operasiesnitbreuk.

Lees ook: Wat jy moet weet oor ystertekort

2. Soms pla ‘n breuk, soms nie

Soms is ’n breuk nie seer nie, of dis nie in jou pad nie, maar soms kan dit ernstige nagevolge hê.

By mans kan ’n breuk in die onderbuik tot laer vrugbaarheid lei. By baie mense veroorsaak ’n breuk hoog oor die buik rondom die slukderm en maagopening dat hulle sooibrand kry, of nie kos in die maag kan insluk nie.

En dan is daar die kwessie van ydelheid: wie wil ’n bultjie of uitpeulnaeltjie hê as hulle in hul swemklere rondstaan? Maar lees verder aan – dit gaan oor veel meer as hoe jy lyk.

3. ’n Breuk is taamlik algemeen ná ’n buikoperasie

Tot een uit elke ses mense ontwikkel ’n breuk in die jaar ná ’n buikoperasie wat ‘n sny behels, soos bariatriese chirurgie (maagverkleining vir gewigverlies), of ’n operasie vir galstene, nierstene of blindederm.

’n Keisersnit maak vroue ook meer geneig tot ’n breuk – en hoe meer keisersnitte hoe groter die risiko.

Dit is een van die hoofredes hoekom jy ná enige soort operasie wat jou buik betrek jou stil moet gedra  sodat die maagwand kans kry om behoorlik te heg.

‘n Mens is meer geneig tot ’n breuk ná ’n operasie as jy:

  • baie oorgewig is
  • swanger raak voor die maagwand volkome genees het
  • erg hardlywig is
  • baie en diep hoes
  • te gou en dus voor die maagwand genees het te swaar voorwerpe optel of met sport begin.

4. Jy kan ’n breuk hê sonder dat jy dit weet – maar moenie skrik nie!

Tensy jy ’n definitiewe knop of vreemde uitstulping het, sal baie mense nie eens weet dat hulle ’n breuk het nie.

Maar moenie neuroties angstig hieroor raak nie: as jy onwetend ‘n breuk het en geen ongemak het nie, is die kanse ook goed dat dit nie veel risiko inhou nie.

Hoe weet ‘n mens jy het ’n breuk?

Jy sal tipies eerder die bult sien as wat jy dit sal voel.

Maar baie mense is wel gevoelig rondom die bult of knop, en baie mense ervaar pyn as hulle in ’n spesifieke posisie sit of draai wat druk op die breuk plaas.

’n Breuk hoog op in jou buik kan sooibrand en borspyn veroorsaak en dit selfs moeilik maak vir jou om kos in jou maag in te sluk.

5. Mans kry baie makliker ‘n breuk as vroue – en dis hul hormone se skuld

Die rede? Mans het ’n natuurlike swak plek in die buik. Laag af in die buik is daar ‘n klein opening waardeur die bloedvate na die testikels loop. Met te veel druk hier gee die maagwand mee.

Navorsers aan die Northwestern University in Chicago glo hulle verstaan waarom mans meer met ’n breuk dokter toe gaan: Namate mans ouer word, verlaag hul testosteroon, en daarmee saam verminder die elastisiteit van hul spiere. Maar hul werk is net in muise getoets. Nogtans maak die teorie sin, en daarom glo hulle dat mans mettertyd testosteroon sal kan gebruik om breuke te voorkom.

Lees ook: Moet jou man testosteroonaanvullings oorweeg?

6. ’n Breuk kan ’n noodgeval word

Jy hoef nie dokter toe te jaag sodra jy ’n knop of bult oor jou buik opmerk nie, want dit is selde ’n noodgeval.

Maar as die bloedtoevoer na die weefsel in die breuk afsny, kan dit septies raak.

Dit moet dadelik verwyder word om te keer dat jou hele buik lewensbedreigende sepsis ontwikkel.

7. ’n Breukoperasie is beter as te lank wag

As jou breuk pynvry is, klein is en nie al groter raak nie, kan jy wag.

Maar meestal is ’n operasie die beter opsie.

As jou breuk ontsteek het, het jy in elk geval nie ’n keuse nie: ’n noodoperasie moet dadelik gedoen word. By party mense veroorsaak ’n breuk ongerief soos sooibrand, en by mans kan dit mettertyd hul vrugbaarheid aantas. ’n Operasie is dus nodig.

Nog iets om te onthou: dit is beslis beter om ’n breuk reg te maak voor dit septies raak – wat by 13% van mense gebeur. En dan is die kanse op komplikasies baie groter.

Daarby raak die kans dat jou breuk septies raak al groter namate jy ouer word. Ouer mense is ook meer geneig tot komplikasies weens narkose, bloedstolling en so aan ná ’n operasie.

En kyk net na die sterftesyfers: Die Britse NHS sê sowat drie tot sewe uit elke honderd mense wat ’n noodoperasie vir ’n breuk moet ondergaan, sterf, terwyl net twee tot vier uit elke duisend mense ná ’n elektiewe breukoperasie sterf. Dit is ’n yslike verskil.

Wag gerus met die operasie tot dit jou gerieflik pas. Maar moenie jare wag nie, en veral nie as jy bo sestig is nie, want die kanse op komplikasies raak groter en moeiliker om te hanteer.

8. Intussen kan jy help keer dat jou breuk vererger

Buiten dat jy jou knop of swelsel dophou en seker maak dit raak nie al groter nie, moet jy ook:

  • Gewig verloor sodat die druk op jou buik minder is.
  • Nie swaar items optel nie, omdat die druk op die buik jou breuk kan vergroot.
  • As jy swaarder items optel, wees baie oordeelkundig hoe jy dit doen, dat jy nie druk op jou buik plaas nie. Dink voor jy die kruideniersware in of uit jou motor laai. Maak die gewig ligter deur jou inkopies in kleiner sakkies te pak. Wat dra jy nog rond? En wat lig jy op? Hoe kan jy dit doen sonder druk oor jou buik?

Lees ook: Foute wat jy in die gim maak wat jou tyd mors

9. As jy ’n breuk het, is die regte oefening beter as geen oefening nie

Oefening is goed.

Máár daar is ’n maar: dit is goed solank jy die regte oefening vir jou soort breuk doen. Dit hou jou fiks en help jou gewig verloor.

Die verkeerde oefeninge plaas baie druk op jou buik, soos:

  • Gewigoptel, gewigstoot, bench presses en so meer
  • Opsitte
  • Opstote in alle vorms
  • Crunchies en squats
  • Roei
  • Rugby, sokker en stoei

Lees ook: Die 5 beste oefeninge vir ’n ferm agterstewe

Doen liewer hierdie goeie oefeninge vir jou breuk:

  • Stap
  • Draf
  • Swem
  • Fietsry
  • Ligte joga, pilates of akwagim. Lig jou afrigter in omtrent jou breuk. Hy/sy sal jou wys watter oefening is beter alternatiewe.

10. Laparoskopie is die beste operasie vir ’n breuk, ás jy die beste pasiënt daarvoor is

Soos tegnologie verbeter verander die aanbevelings ook. In hierdie stadium sê gesondheidsowerhede soos die Britse NHS laparoskopie is beter as ’n oop sny. Baie hang af van waar jou breuk sit en of jou breuk reeds septies is, wat dus ‘n noodoperasie verg.

Daar is duidelik minder komplikasies soos wondbesmetting, pyn en gevoelloosheid ná ‘n laparoskopie maar die kanse dat jy weer ’n breuk kan kry en wat weer geopereer sal moet word, is effens hoër met ‘n laparoskopie as met ’n oop sny.

Aan die ander kant lyk dit asof meer mense ná ’n oop sny ’n jaar later nog, of selfs permanent, kla dat die vel oor die buik sonder gevoel is, terwyl sommige buikpyn oorhou. Die kanse op pyn en gevoelloosheid is gelukkig darem klein, selfs by ‘n laparoskopie.

11. Een keer ’n breuk, weer ’n breuk

Een uit elke drie mense wat ’n breuk kry, het ook – of ontwikkel later – ’n tweede breuk op die dieselfde posisie maar aan die teenoorgestelde kant van die buik.

En daarby sal tot een uit elke drie mense wat ’n breuk ontwikkel, ná ’n operasie (vir ’n breuk of vir enige ander werk aan die buik) ’n volgende breuk ontwikkel.

As jy geneig is tot ’n breuk is dit juis belangrik dat jy ná ’n operasie saamwerk en seker maak dat jy ’n modelpasiënt is om ’n opvolgbreuk te vermy so goed as wat jy kan.

Loer hier vir nog goeie gesondheidsinligting

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.