Soet-sonder-sonde-roomys

Swartbessie-en-beet-jogurtroomys

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 150 g rooi beet
• 150 g gevriesde swartbessies
• klein hand vol kruisement
• 40 g Erythritol of Xylitol (versoeters)
• 250 g mascarpone

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 200 °C.
2 Draai elke beet in foelie toe en rooster vir 60 min. of tot gaar.
3 Haal uit en laat afkoel. Skil die beet af.
4 Meng die beet, swartbessies, kruisement, Erythritol en mascarpone in ’n voedselverwerker tot glad.
5 Gooi die mengsel in ’n broodpannetjie, bedek met kleefplastiek en vries oornag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kry ook ons resep vir ’n lekker beet-smoothie hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Roomys met avokado, kruisement en lemmetjie

Genoeg vir 4

• 4 avokado’s, geskil en ontpit
• 250 ml (1 k) room of klapperroom
• groot hand vol kruisement
• 40 ml (2 t) lemmetjiesap
• gerasperde skil van 3 lemmetjies
• 75 g Erythritol of Xylitol (versoeters)

1 Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad.
2 Gooi die mengsel in ’n broodpannetjie, bedek met kleefplastiek en vries oornag.

Lees ook: Kruisement-en-jogurt-hoenderstukke

Roomys met piesang, mango, borrie, gemmer en klapper

Genoeg vir 4

• 350 g piesangs, in dik ringe gesny en gevries
• 100 g mango, geskil, gesny en gevries
• 2,5 ml (½ t) borrie
• 5 ml (1 t) fyn gekapte gemmer
• 60 ml (¼ k) klapperroom

1 Meng al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad.
2 Gooi die mengsel in ’n broodpannetjie, bedek met kleefplastiek en vries oornag.

Glutenvrye en laekoolhidraat-wafelhorinkies

Genoeg vir 8-10

Jy het ’n Italiaanse wafelpannetjie, ’n pizelle, nodig om hierdie wafels te maak. Kyk op die Internet vir ’n verskaffer naby jou.

• 100 g amandelmeel
• 10 g psyllium-doppe (husks)
• 1 ml (¼ t) sout
• 2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
• 40 g Eryth-ritol
• 60 g botter, gesmelt
• 2 eiers
• 125 ml (½ k) melk

1 Meng die amandelmeel, psyllium-doppe (husks) en sout in ’n groot mengbak.
2 Klits die vanieljegeursel, Erythritol, botter, eiers en melk saam in ’n middelslagbak.
3 Gooi die nat bestanddele by die droë bestanddele en klits tot goed gemeng.
4 Voorverhit die wafelpannetjie oor matige hitte.
5 Gooi 30 ml van die beslag in die wafelpannetjie en bak vir 2-4 min. aan elke kant of tot goudkleurig.
6 Rol die wafels in ’n kegelvorm en sit vir 5-10 min. eenkant.
7 Hou andersins die wafeltjies plat en bedien die roomys daarop.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.