Volhoubaarheid die wagwoord met dié wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

James Reid, Accolade SA bestuurder, het gaste van regoor die wêreld, tot sover as Japan, Uganda, Indië, Korea, by die geleentheid verwelkom. Hy het gesê Kaapstad is nie gereed om haar arms op te gooi vir internasionale toeriste na die toerisme-stilte van die pandemie nie, maar die wynwêreld verwelkom gaste van oraloor om die woord oor die bekroonde Suid-Afrikaanse wynbedryf te gaan versprei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gaste kon tydens sononder buite op die stoep na Tafelberg staar, terwyl hulle aan Bitterballen en Fillet bearnaise met Da Luca Prosecco; Fish Hoek Sauvignon Blanc 2022 of die Flagstone Dynamite Factory Shiraz 2021 kon teug.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soos met vanjaar se CapeWine2022 wynskou in Kaapstad, was die aand se tema ook volhoubaarheid – iets waarop Accolade Wines baie gesteld is. Accolade Wines het meer as 1 400 werknemers in Australië, die Verenigde Koninkryk, Europa, Asië, Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Noord- en Suid-Amerika en voer jaarliks drie miljoen ses bottel kiste van sy Suid-Afrikaanse portefeulje, wat die handelsmerke Flagstone, Kumala en Fish Hoek insluit, uit. Van die bekende Australiese en Nieu-Seelandse handelsmerke onder hul vaandel, sluit onder meer Hardys, Banrock Station, Mud House, Petaluma en House of Arras, in.

Die onderneming se Europese vertakking is sedert 2020 koolstofneutraal en is ook koolstofneutraal in die Verenigde Koninkryk met SA wyne en poog om vroeg 2023 heeltemal koolstofneutraal in Suid-Afrika ook te wees. James het vertel hulle het 30% elektrisiteit en 25 persent water met produksie gespaar en ondersoek ’n 75 kW sonkragstelsel en om meer reënwater te oes. Herwonne glas, wyne wat in bulk verskeep word en hul koolstof voetspoor halveer en ook laer alkoholwyne, is alles deel van hul volhoubaarheidsprogram.

“Ons is ook deel van soveel sosiale opheffingsprojekte, waaronder beter werksomstandighede vir plaaswerkers. SA het ’n geskiedenis – ons ontken dit nie – maar daar is soveel positiewe dinge wat hier gebeur.”

Die Fish Hoek, Kumala en Flagstone span is van links, Mia Boonzaier, wynkelder en laboratoriumbestuurder, Juan Slabbert, Kumala wynmaker, Gerhard Swart, hoof wynmaker en Willene Roelofse, assistent-wynmaker by Flagstone. more

Die spyskaart vir die aand deur Den Anker se sjef, Doekle Vlietman, was ’n vertoonvenster van die Kaap en alles van volhoubare bronne afkomstig. Nie net die vleisdisse nie, maar ook vegandisse is voorgesit. Hy het vertel dat volhoubaarheid en naspeurbaarheid baie belangrik is vir Den Anker.

Gaste kon tydens sononder buite op die stoep na Tafelberg staar, terwyl hulle aan Bitterballen en Fillet bearnaise met Da Luca Prosecco; Fish Hoek Sauvignon Blanc 2022 of die Flagstone Dynamite Factory Shiraz 2021 kon teug.

Carla Stokes het die lewendige musiek verskaf.

Den Anker se geliefde Bitterballen en Fillet bearnaise is met Da Luca Prosecco bedien.
Carla Stokes het die lewendige musiek verskaf.
Volhoubaarheid en naspeurbaarheid is vir Accolade Wines baie belangrik.

Aandete van Den Anker se bekende mossels in ’n roomsous; bees carpaccio of geroosterde blomkool met hummus en kekerertjies is met die Flagstone Tributary Chenin Blanc 2021 of Flagstone Fiona Pinot Noir 2021 geniet. Hoofgereg van vars gekweekte kabeljou met borrie ber blanc geroosterde groente; die Springbok potjie of geroosterde groente en lensie lasagne, is met Flagstone Treaty Tree Sauvignon Blanc/Semillon 2019 en Flagstone Dark Horse Shiraz 2018 bedien.

Nagereg was kaasborde en fugde bruintjies met Flagstone Ice Vine Dried Sauvignon Blanc 2016 en die Flagstone Writer’s Block Pinotage 2020.

Hoofgereg van vars gekweekte kabeljou met borrie ber blanc geroosterde groente.
Die hoofgereg van vars gekweekte kabeljou met borrie ber blanc geroosterde groente is met Flagstone Treaty Tree Sauvignon Blanc/Semillon 2019 geniet.
Springbok potjie of geroosterde groente en lensie lasagne, en Flagstone Dark Horse Shiraz 2018 was ideale pasmaats.

Gerhard Swart, hoof wynmaker by Accolade SA en ook Flagstone se wynmaker, het vertel al hul wyne is 100% veganisties. “Ons wynkelder en proelokaal is naby die see in die Strand in Paardevlei geleë in ’n historiese 1901 dinamietfabriek, wat deur die bekende argitek Sir Herbert Baker ontwerp is. Flagstone het in 1998 in die Waterfront sy deure geopen, voor dit na Paardevlei geskuif het. Die proelokaal is onlangs opgeknap.”

Hy het met die bekendstelling van die Dynamite Factory Shiraz 2021 gesê: “Daar is stories agter elkeen van ons wyne.”

Gerhard Swart, hoof wynmaker by Accolade SA en ook Flagstone se wynmaker en James Reed Accolade SA bestuurder.
Nagereg was kaasborde en fugde bruintjies met Flagstone Ice Vine Dried Sauvignon Blanc 2016.

Lees ook: Stellenbosch weer gasheer vir fisiese Woordfees

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

8 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

11 hours Gelede

My ma se appeltert

13 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.