840 g (6 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
2,5 ml (1/2 t) sout
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) fyn naeltjies
5 ml (1 t) fyn neutmuskaat
450 g botter
375 ml (11/2 k) suiker
10 ml (2 t) vanieljegeursel
4 eiers
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Sif die meel, bakpoeier, sout en speserye saam in ’n groot mengbak.
2 Room die botter, suiker en vanieljegeursel saam tot lig en romerig. Klits die eiers liggies en voeg by die bottermengsel. Meng goed.
3 Voeg die bottermengsel by die meelmengsel. As die deeg te styf is, kan jy ’n bietjie melk byvoeg om dit meer hanteerbaar te maak.
4 Bedek met kleefplastiek en laat rus vir 20 min. in die yskas. Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit en druk met ’n koekiedrukker uit. Bak vir 10-12 min. tot goudbruin en bêre in ’n digsluitende houer.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.