kategorieë: DekorLeefstyl

Versier met kaktusse

Die gewilde nuwe kaktus-motief kan op kussings, beddegoed, koppies, muurpapier en lap gevind word. Met die waterbeperkings is ons tuine op die oomblik effens vaag en daarom is hierdie trend ’n slim opsie. Inkorporeer ’n groenigheid in jou huis om dit meer lewe te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wenke oor hoe jy die kaktus-gier in jou huis kan gebruik

  1. Gebruik regte kaktusse in terracotta-potte – verf dele van die potjies met helder kleure om dit ’n moderne gevoel te gee.
  2. Koop lap met kaktus-patrone en trek ou kussings oor om jou banke op te helder.
  3. Mure kan as fokuspunt gebruik word deur dit met muurplakkers of selfs muurpapier te versier.
  4. Skets ’n paar klein kaktussies op wit skilderdoeke en laat raam dit.
  5. Sommige winkels het nou ook keramiek-kaktusversierings beskikbaar.
  6. As jy goed is met naaldwerk, maak ’n paar groen kaktus-kussings – dit lyk veral oulik in ’n babakamer.
  7. Gebruik ’n groot, lae potplantbak en plant ’n hele klomp klein kaktusse daarin.
  8. Vertoon kaktusplante onder glaskoepels op jou eetkamertafel.
  9. ’n Groot kaktus in ’n dekoratiewe pot, wat op jou vloer kan staan, sal ook ’n groot indruk maak.
  10. Gebruik sagte lapsakkies om jou potplantjies vir daardie kontras tussen teksture (grof teen sag).

Onthou dat wanneer jy motiewe op beddegoed gebruik, beperk dit jou met die res van jou slaapkamer. Maar daar is nie té veel reëls nie. Jy kan verskillende patrone hiermee kombineer; dit hang alles af hoe besig jy die kamer wil hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir ’n meer moderne voorkoms, gebruik ligte grys beddegoed en plaas ’n paar verskillende grootte kaktusse in potte op hangrakkies. Vir ’n kinderkamer kan jy kaktus-beddegoed gebruik, omdat dit meer speels is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk net hierdie oulike produkte wat ons opgespoor het!

Kyk ook na hierdie oulike idees om jou eie vetplante te maak!

Maak jou eie Klipkaktus

rooi rose Handwerk: Fraai vetplante

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke
Tags: blommeHuis

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.