kategorieë: GebakKos

Soetkoekies

840 g (6 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
2,5 ml (1/2 t) sout
5 ml (1 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) fyn naeltjies
5 ml (1 t) fyn neutmuskaat
450 g botter
375 ml (11/2 k) suiker
10 ml (2 t) vanieljegeursel
4 eiers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Sif die meel, bakpoeier, sout en speserye saam in ’n groot mengbak.
2 Room die botter, suiker en vanieljegeursel saam tot lig en romerig. Klits die eiers liggies en voeg by die bottermengsel. Meng goed.
3 Voeg die bottermengsel by die meelmengsel. As die deeg te styf is, kan jy ’n bietjie melk byvoeg om dit meer hanteerbaar te maak.
4 Bedek met kleefplastiek en laat rus vir 20 min. in die yskas. Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit en druk met ’n koekiedrukker uit. Bak vir 10-12 min. tot goudbruin en bêre in ’n digsluitende houer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.