Genoeg vir 8.
Bestanddele
- 1 bossie groen aspersies, geblansjeer en dun gesny
- 150 fyn groenboontjies, geblansjeer en dun gesny
- 200 g peul-ertjies, geblansjeer en dun gesny
- 100 g mange tout, geblansjeer
- 100 g boerbone, geblansjeer
- hand vol kruisement
Pancetta-slaaisous
- 200 g pancetta
- 250 ml (1 k) olyfolie
- 250 ml (1 k) water
- 15 ml (1 e) Dijon-mosterd
- 15 ml (1 e) witwyn-asyn
- 10 ml (2 t) heuning
- 5 ml (1 t) gekapte knoffel
- 45 ml (3 e) volroomjogurt
Metode
Slaaisous
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Braai die pancetta in die olyfolie in ’n pan oor lae hitte vir 20 min. Haal uit en hou die olie eenkant – dit word in die slaai gebruik.
- Meng die mosterd, witwynasyn, heuning en knoffel in ’n voedselverwerker. Verwerk tot glad.
- Voeg die pancetta-gegeurde olyfolie by terwyl die voedselverwerker loop en die sous dik en romerig is. Roer die volroomjogurt deur.
- Pak die groente op ’n mooi dienbord uit en strooi die krakerige pancetta-brokkies en kruisement bo-oor.
- Sit die slaai saam met die pancetta-slaaisous voor.
