kategorieë: VelsorgSkoonheid

Sonroom-wenke vir die somer

Sonbeskerming

Wat is die verskil tussen ’n fisieke sonblok (daardie wit Allan Donald-blok), en ’n chemiese produk?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• ’n Fisieke blok kan dik en taai voel en ’n donkerder vel as-kleurig vertoon. As ’n gesig wat elke dag met dik, wit sonblok bedek is jou gaan afsit om sonroom te gebruik, kies liewer ’n chemiese room. Aan die einde van die dag is dit die belangrikste om ’n sonroom te kies wat vir jou werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis die regte hoeveelheid sonroom wat jy moet aanwend wat belangrik is om sonskade te voorkom: Op jou gesig en nek (insluitende jou ore, neus en lippe), aan die voor- en agterkant van jou bolyf, voor- en agterkant van jou arms, voor- en agterkant van jou skouers, asook aan die voor- en agterkant van jou bene en voete.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die mees algemene plek waar velkankers voorkom, is op die binnehoek van jou neusbeen by jou oogholte en die bokante van die ore. Mense vergeet dikwels om hier sonroom aan te sit.

Wanneer jou dagroom ’n SBF15 bevat en jou onderlaag ’n SBF20, beteken dit nie jy het nou ’n SBF35 aan het nie. Die sonbeskermingsfaktor word nie kumulatief verhoog nie. Dit help wel om verskillende lae produkte te gebruik wat sonskerm bevat, want plekkies wat ons dalk met een laag gemis het, kan met ’n volgende laag raakgesmeer word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Smeer sonblok tuis aan en vra iemand om te help op plekke waar dit moeilik is om by te kom. ’n Mens is geneig om dit minder deeglik voor ander mense op die strand of langs die swembad te doen. Tuis hoef jy nie skaam te wees om te rek en strek om al die klein kolletjies toe te smeer nie.

Ons sê probeer een van die volgende:

• NIVEA Protect & Bronze Face Cream SPF50
• Derma Fix Dermashield SPF 50 UVA / UVB SunscreenBio Nike Defense Sun SPF 30
• Heliocare Advanced SPF 50 Gel

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.