Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 100 g repiesspek, in stukkies gesny
  • 250 g chorizo, in skywe gesny
  • 1 ui, fyn gekap
  • 4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
  • 1 rooi soetrissie, wit pitjies en vliesies verwyder en in blokkies gesny
  • 10 ml (2 t) paprika
  • ’n hand vol basiliekruidblare, grof gekap
  • 2 x 400 g-blikkies heel geskilde tamaties
  • 300 g kersietamaties, middeldeur gesny
  • 1 liter (4 k) goeie hoenderaftreksel
  • 500 g penne-pasta
  • gerasperde parmesaan vir opdiening

Metode

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  1. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n groot kastrol of pastapot. Braai die spek en chorizo vir 5-6 min. daarin tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant.
  2. Braai die uie, knoffel en soetrissie vir 5 min. in dieselfde kastrol tot sag. Voeg die paprika by en braai vir nog 1 min.
  3. Voeg die basiliekruid, tamaties, kersie-tamaties en hoenderafreksel by en bring tot kookpunt.
  4. Voeg die pasta by en kook vir 10 -12 min. of totdat die pasta al dente is (moenie te lank kook nie).
  5. Skep die chorizo en spek terug by die pasta en roer deur. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
  6. Sit met gerasperde parmesaan voor.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

20 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

23 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

24 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.