Reis na die beeldskone Robertson tydens lentetyd om die tuiste van Paul René te ontdek by die Wonderfontein Wynlandgoed. Hierdie is die ideale geleentheid om saam met vriende en familie die hart en siel van die handgemaakte Paul René Brut en Brut Rosé ervaar. Daar sal ook jenewer-drankies en kersies van dié fees se vennote, Clemengold Gin en Cherry Time, te proe wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Feesgangers sal ontvang word met luukse landelike gasvryheid en vonkelwyn sal te koop wees teen afslagpryse. Vir kosliefhebbers is daar heerlike Saldanabaai-oesters, Noorweegse salm en ander gourmet-happies wat regdeur die dag te koop aangebied sal word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Daar is vele goed om te doen …
• Geniet die Paul René MCC-reeks terwyl jy luister na Arno Carstens se regstreekse vertoning.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Kinders kan aan ponieritte en ander aktiwiteite deelneem.
• Daag ’n vriend uit om ’n potjie Boules of kroukies.
“Ek sou aanraai dat jy ’n koel kolletjie in die skaduwee vind en die uitsig oor die Langeberg aan die een kant, en die 17de eeuse langoedhuis aan die ander kant, geniet terwyl jy na die musiekvertonings luister,” sê Paul René-produsent Henk van Niekerk.
Datum: 4 November 2017
Tyd: 11h00 – 18h00
Ingangsfooi: R250 per volwassene en kinders se ingang is gratis. Hierdie fooi sluit in ’n verwelkomingsvonkelwyn, ’n pragtige geskenkpakkie wat ’n verrassing of twee bevat.
Kaartjies is beskikbaar deur WebTickets en die geleentheid word beperk tot 300 persone om ’n intieme geleentheid te verseker.
Besoek die Paul René-webblad of facebookblad vir verdere inligting.
Kontak gerus die plaaslike toerismekantoor vir verblyfnavrae:
Of kontank
Henk van Niekerk: 083 380 3980 | henk@paulrenemcc.co.za
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.