kategorieë: Reis

Spoke in ons parke

Jy bevind jouself op ’n afgeleë plek. Die wind huil. Die maan is donker en ’n digte mis beweeg in vanaf die see. ’n Onheilspellende duisternis daal om jou neer. Koue rillings hardloop teen jou ruggraat af. Dalk begin jy dink aan mense wat lank gelede op hierdie plek gewoon het …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Al glo jy nie aan spookstories nie, is daar ’n paar interessante stories rondom ’n paar van ons nasionale parke wat jou koue rillings sal gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die spookhuis

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tokai Manor in Tafelberg Nasionale Park lyk soos die gemiddelde Kaaps-Hollandse opstal met sy hoë stoep en steil geboë trappe. In die vroeë 1800’s het die huis aan die Eksteen-familie behoort. Hulle het graag onthale aangebied. Tydens een Oujaarsaand-party het iemand een van die seuns uitgedaag om met sy perd teen die trappe op te ry na die eetkamer. Hy het daarin geslaag, maar ’n tragedie het met sy afkoms gevolg. Die dier het gestruikel en geval. Die ruiter het gesterf. Nou vertel mense dat die seun elke Oujaarsaand te perd die trappe probeer opry. Die gelag van die seun en die runnik van die perd weergalm dan deur die nag.

– Tokai Manor-gastehuis –

Die eensame vrou op Bird Island

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In 1908 het ’n vuurtoringwagter en sy vrou (die Hansens) ’n hout huis op die eiland in die Addo Olifant Nasionale Park gebou. Die lewe was eensaam, totdat ’n timmerman en sy vrou uiteindelik ingetrek het om met herstelwerk te help. Die bewaarder het vermoed sy vrou is ontrou en sy is op ’n geheimsinnige manier dood in ’n put gevind.

Jare later het die nuwe bewaarder beweer dit spook in die huis. Mense het vertel iemand loop op die eiland in nagklere, maar die misterie is nooit opgelos nie. Die huis is 1979 gesloop want niemand wou daarin woon nie.

Sedert SANParke die bestuur oorgeneem het, het mense vertel hoe komberse snags van hulle beddens afgetrek word. Iemand is glo ook met ’n tou aan sy bed vasgebind. Dieselfde tou is gevind in ’n huis aan die suidwestelike kant van die eiland waar die houthuis eens gestaan het.


– Bird Island –


Die verwer van die Agulhas Vuurtoring

Besoekers het al dikwels navraag gedoen oor die vriendelike man wat die trappe verf wat na die bokant van die vuurtoring lei, maar daar bestaan nie so ’n man nie. Mense het hom ’n paar keer raakgeloop tot die vuurtoring opgeknap is.


– Agulhas Vuurtoring –


Moord op Ratelrivier

Hierdie eiendom in die Agulhas Nasionale Park het ’n tragiese geskiedenis. Dirk Geysbert Swart, een van die seuns van die tweede eienaar, Hans Jacob van Breda, het op 21 Maart 1871 sy vrou tragies geskiet en vermoor, terwyl hulle ’n partytjjie gehou het. Die vermoorde Jacoba Alida se bloedige handafdruk was glo vir jare sigbaar teen die muur tot dit met ’n deur vervang is tydens opknapping. Geen verf of water kon ooit die vlek verwyder nie.

Meer onlangs het ’n groep ’n nag in die Ratelrivier-huis deurgebring. Een van die vroue het musiek gehoor, maar die groep het later gespot dit was te veel rooi wyn wat haar ore geopen het. Toe die storie later oorvertel is, het hulle uitgevind dit was op 21 Maart, die herdenking van die tragiese moord.

Het jy al ooit ’n vreemde ervaring in een van die nasionale parke ervaar? Party stories is waar en sommiges net iemand se verbeelding, maar dit is lekker om oor te vertel!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.