kategorieë: FiksheidGesondheid

Sportmasserings

As jy een van die derduisende fietsryers is wat op Sondag, 12 November (begfiets) en 19 November (padfiets) aan die 947-fietswedrenne gaan deelneem, is dit nie te laat om ’n sportmassering te kry nie. Nico Britz van Fourways is ’n gekwalifiseerde terapeut in sport en kliniese massering en hy glo dat ’n sportmassering net die ding is voor ’n groot wedren soos die 947-fietswedren.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“As jy oefen, is jou liggaam onder druk en ’n goeie massering gaan jou sirkulasie en senuwestelsel help om te ontspan. Dit help jou spiere om te herstel na harde oefening en verbeter ook die werking van jou limfstelsel deur blokkasies uit te vryf. Hoewel ’n massering nie kan help om melksuur uit jou spiere te dryf nie, kan dit jou wel help om van die effek van melksuur te herstel.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Nico het 17 jaar se ondervinding en sê hoewel dit groot voordele vir atlete inhou, is dit nie net hulle wat by ’n goeie massering baat vind nie. “Mense wat hard werk en onder druk is, of selfs kinders kan voordele hieruit trek. Dit kan ook jou immuunstelsel stimuleer en die vloei van energie in jou liggaam verbeter.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wanneer is die beste tyd om ’n massering te kry?

As jy die voordeel in ’n wedren wil voel, moet jy so vier dae voor die wedren vir ’n massering gaan. Nooit nader as 48 uur nie, want die massering stimuleer die liggaam wat jou spiere seer kan laat voel as jy dit direk voor ’n wedren doen. Jy kan dit ook inspan om ná ’n wedren te herstel. As jou spiere baie styf en seer is, wag drie tot vier dae voor jy ’n massering kry sodat jy die volle voordeel daaruit kan trek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenke

• ’n Sportmassering is ’n gespesialiseerde massering. Vra voor die tyd of jou terapeut ondervinding en opleiding daarin het.

• As dit jou eerste sportmassering is, bespreek dit eerder ’n week voor die wedren om seker te maak jy het geen sensitiewe spiere teen wedrendag nie. Net soos jy nooit nuwe skoene of klere in ’n wedren uittoets nie, moet jy ook nie ’n massering kort voor ’n wedren  probeer as jy dit nog nie vantevore gedoen het nie.

• Onthou, ’n sportmasseerder is nie ’n sportdokter nie. Hoewel ’n sportterapeut styfheid en inflammasie in die liggaam kan verlig, moet jy ’n dokter gaan sien as die pyn nie drie dae na ’n massering beter is nie. Dieselfde geld ’n ernstige besering sonder ’n diagnose.

Dehidrasie kan jou fascia (die lagie weefsel wat jou spiere bedek) en spiere styf maak. Maak seker jy neem genoeg vloeistof in voor jou massering.

• Moenie ’n groot maaltyd voor ’n massering eet nie. Eerstens is dit ongemaklik om op ’n vol maag op die masseertafel te lê, en tweedens vertraag ’n massering jou liggaam se ander stelsels soos vertering.

• Dis heel normaal as jou spiere gevoelig is na ’n massering. Dit verdwyn na 48 uur en is die rede waarom jy nie ’n massering korter as 48 uur voor ’n wedren moet skeduleer nie.

• Moenie dieselfde dag oefen na jou massering nie. Wag eerder tot die volgende dag. Neem eerder ’n heerlike bad wat jy met epsomsout dokter (kyk by winkels soos Pick &Pay).

Kontak Nico Britz Sport Massage by 083 439 4184 vir afsprake.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.