Blindelingse vertroue: deel 1

Op Saterdag, 4 November spring die 37 bekende persoonlikhede op Somerset-Wes weg in  geborgde Audi’s – elkeen aan die hand van ’n blinde navigator wat die geheime roete op ’n braillekaart moet ontsyfer. Dit behels wedersydse blindelingse vertroue om die roete in die perfekte tyd te voltooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die roete word elke jaar deur tydrenjaer Sarel van der Merwe opgestel en vanjaar s’n beloof om weer ’n paar kinkels in die kronkelpaaie te hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is die twaalfde jaar dat die tydstipren aangebied word om fondse vir die Pionierskool in te samel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dié jaarlikse instelling is egter veel meer as ’n motorren en makietie met bekendes. Vorige jare se deelnemers is dit eens dat die Pioneer Rally ’n lewensveranderende ervaring is – vir siende bestuurders sowel as blinde en swaksiende navigators.

“My lewe verander elke jaar met hierdie gebeurtenis en ek kan nooit weer dieselfde wees nie,” sê die sanger Danie Niehaus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit is ’n geleentheid waarna ek elke jaar uitsien en ek doen moeite om my dagboek só te reël dat ek dit nie misloop nie. Nie een van die kunstenaars, akteurs of bekendes bly onaangeraak na hierdie ervaring nie,” gaan Danie voort.

“Elke jaar gesels ek met my blinde navigator soveel ek kan terwyl ons ry en probeer leer van hulle wêreld en ek staan elke jaar verstom oor hoe hulle die lewe so positief aanpak en ervaar,” sê Danie.

Lynné de Jager, ’n voormalige Mev. Suid-Afrika, is dit met hom eens: “Om ’n hele dag saam met ’n persoon deur te bring wat nie kan sien nie, maak jou weer van nuuts af dankbaar vir alles wat jy as vanselfsprekend aanvaar. Dit is vir my ’n absolute voorreg om hierdie jaar in my derde Pioneer Rally te ry.”

“Om ’n hele dag saam met ’n persoon deur te bring wat nie kan sien nie, maak jou weer van nuuts af dankbaar vir alles wat jy as vanselfsprekend aanvaar”

Die televisiepersoonlikheid Johan Stemmet is “versot op die Rally”. Hy sê: “Ek geniet die interaksie met blinde mense geweldig. Omdat ek die afgelope 37 jaar binne die oudiovisuele wêreld my bestaan maak, is dit vir my ’n heerlike uitdaging om my televisieprogramme sodanig te probeer ontwerp dat diegene wat nie kan sien nie, ook deel kan hê en saam kan speel.”

Volgens Johan is die blinde navigators “briljant”. “Ek het met my eerste Rally ’n verkeerde draai gevat en die arme navigator het begin bekommerd raak toe ons 10 km van Villiersdorp moes wees en die bordjie voor my wys 10 km na Caledon – ’n heel ander koers in! Ons sou laaste geëindig het as dit nie was dat Danie Niehaus nog verder as ek verdwaal het nie,” vertel Johan.

Danie deel laggend dié staaltjie: “Ek het laasjaar verby een van die punte gery waar mens moet stop sodat hulle jou tyd kan aanteken.  Ek sien toe in my truspieëltjie die stopplek agter my en trek veilig van die pad af.  Dit was nie ’n veilige plek om om te draai nie en ek kyk toe daardie paar 100 meter so in my truspieëltjie en besluit dit gaan vinniger wees om terug te hardloop as om terug te draai teen die verkeer.  Ek sê toe vir my navigator sy moet net so sit in die motor, ek gaan al die pad terug hardloop en gaan inteken. Maar, ons ry mos met baie duur en tegnologies gevorderde Audi’s, so ’n hele ent se voluit hardloop teen die bult af,  is ek toe nie so seker of ek alles afgesit het wat moet af wees nie en of die handrem reg opgetrek is nie en wat gaan gebeur as my duur Audi bult af kom met net ’n blinde navigator in die passasiersitplek…?  Ek hardloop toe al die pad terug so vinnig soos ek kan en gaan soek klippe langs die pad en pak ’n klip agter elke wiel net om seker te maak die motor staan doodstil.  Toe hardloop ek weer bult af en teen daardie tyd het die personeel by die intekenpunt my al tegemoet gehardloop, want hulle sien net hoe hardloop ek op en af teen die bult …  Nodeloos om te sê: Ek was loshande laaste laasjaar!”

As mens egter na die CV’s van vanjaar se blinde navigators kyk, is dit gou duidelik wie die ware sterre van die Pioneer Rally is. Nie alleen is hulle leerders en oud-leerders van die Pionierskool nie, maar daar is ’n waaghals, avonturier, pastorale berader, kampioen-veerpyltjiespeler, finalis van Noot vir Noot, radio-omroeper, klankingenieur, para-olimpiese swemmer, sanger, provinsiale sportsterre en selfs ’n nasionale blinde krieketspeler en –afrigter en ook die eerste blinde is wat gekwalifiseer het as skubaduiker in Suid-Afrika!

Die lys gaan aan en aan en mens staan verstom – nie omdat die mense blind is en soveel bereik het ten spyte van hulle gestremdheid nie, maar juis omdat hulle soveel beteken as mens in die kringe waarin hulle beweeg.

Arné von Mollendorf, ’n blinde klankingenieur wat ’n klankopname-ateljee op Worcester bedryf, verduidelik hoekom hy weer vanjaar deelneem aan die Pioneer Rally: “Dit is lekker om die ‘celebs’ te ontmoet en vriende te maak. Maar, bo en behalwe dit, neem ek deel omdat ek op só ’n wyse my skool kan help om fondse in te samel.”

Die fondse wat deur die Pioneer Rally ingesamel word, word volgens organiseerder Annelette Kemp gebruik om die duur en gespesialiseerde onderrig van die Pionierskool vir Siggestremdes op Worcester te ondersteun. Die skool bedien leerders met siggestremdhede, maar ook diegene met sigprobleme in kombinasie met meervoudige leerhindernisse en/of doofblindheid.

Toks van der Linde en Margit Meyer Rödenbeck tree vanjaar weer as seremoniemeesters by die gala-aand op en gaste sal vermaak word deur bekendes soos Danie Niehaus, Jakkie Louw, Nadine, Peter Mitchell en Wicus van der Merwe.

Die veertienjarige blinde Ying-Shan Tseng, leerder van Pionierskool, het al talle musikale pryse verower en sal die aand klavier speel en sing.

“Die Pioneer Rally is só ’n oorspronklike konsep, ek kan nie wag om deel te neem en op só ’n manier bewustheid te help skep van mense se leefwêreld nie,” som rsg-omroeper Martelize Brink haar betrokkenheid op.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: bloggers

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.