kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Springbokvroue neem hande met FNB vir die Will Power-reeks

Hierdie is sterk vroue wat die broodwinners is en sonder ophou steeds hul bes vir hul land en dié wat van hul afhanklik is gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Aneesa Razack, die hoof uitvoerende beampte van FNB Fiduciary, sê: “Vanaf 11 tot 15 September 2023 was dit testament-week, en ons toegewydheid tot vernuwing word tot die volgende vlak geneem. FNB doen nie net baanbrekerswerk op die gebied van digitale bankwese nie – ons bring ook betekenisvolle verandering in ons klante se lewens.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy verduidelik verder: “Met ’n diepgaande fokus op gerieflikheid, oorbrug hierdie kreatiewe idee ’n kritieke gaping om die opstel van testamente met die FNB-toep moontlik te maak. Ons gryp die geleentheid aan om ons klante met ’n omvattende en moderne benadering tot boedelbeplanning te bemagtig.”

In die Will Power-inhoudsreeks deel Springbokvrou Lusanda Dumke, Sizophila Solontsi en Lerato Makua die waarde wat hulle daarin gevind het om finansieel geletterd te raak en hoe belangrik die opstel van ’n testament kan wees.

Lusanda, wat as die Sportsvrou van die Jaar in die Oos-Kaap in 2022 aangewys is, het die prys van ’n motor van die hand gewys en wou eerder daarop fokus om beter verblyf vir haar geliefdes te kry. Sy het aan Daily Maverick gesê: “Ek onthou hoe ek gesprekke met mense na aan my gehad het. Ek het gesê: ‘Oukei. Ek gaan ’n motor hê, maar my familie bly steeds in ’n sinkhutjie. Dit maak nie sin nie.’ So die beste ding om te doen was om eerder ’n huis te kry.”

Sizophila het genoem sy het nie ’n testament gehad nie, maar haar familie motiveer haar om harder te werk. “Dis die hoofrede, of gedeeltelike hoekom ek hier is – dat ek vir my gesin kan voorsien en ook vir myself. Ek het twee werke: Ek werk vir die Bulls Daisies en vir die Springbokvroue.”

En laastens sê Lerato: “Soos alle dinge in die lewe, is rugby nie net vir mans nie. Ons kan ook kies om in wedstryde deel te neem. Ek wil ’n blywende nalatenskap agterlaat!”

Aneesa sluit af en sê: “Hierdie atlete se stories stel ’n goeie voorbeeld vir hoe om die beste vir jou toekoms te beplan deur die risiko’s wat die onsekerheid van die lewe na ons kan stuur, uit te skakel. Kom ons help jou om daar te kom!”

Lees ook: Testamente: Wat jy behoort te weet

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 hour Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.