kategorieë: GrimeringSkoonheid

Grimeerwenke vir jou matriekafskeid

Grimeerkunstenaar Linda O’Connel, hoofgrimeerkunstenaar vir Maybelline NY, Suid-Afrika gee raad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Onderlaag

Hierdie is die belangrikste stap!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Jou onderlaag moet by jou bors-area pas (om daardie wit gesig-effek op foto’s te voorkom).
• Wees versigtig om nie te veel poeier te gebruik nie, gebruik ’n ligte hand.
• Sit jou onderlaag aan en neem ’n foto van jouself. Maak seker die kamera se “flash” is aan sodat jy kan verseker jou onderlaag lyk nie 10 skakerings ligter as die res van jou lyf nie.
• As jy vir spray-tan gaan, MOENIE jou gesig laat spuit nie. Grimering wend nie goed aan bo-oor dit nie. Gebruik eerder ’n donkerder onderlaag en verbronser sodat jou gesig by jou lyf pas.
• Gebruik ’n voorbereidingslagie (primer) wat sal help dat jou grimering langer aanbly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• ’n Voorbereidinslagie (primer) op jou oë en onderlaag sal verseker dat jou ooggrimering deur die aand op hul plek bly.
• Moenie voel jy moet vals wimpers dra nie, veral as jy nie gewoond is daaraan nie. Dit kan krapperig voel en jou net irriteer. Kies eerder ’n maskara wat lekker volume gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wange

• Jy kan maar meer blosser aanwend as gewoonlik, die kamera se flits laat blosser ligter lyk.

Lippe

• Speel met ’n paar kleure tot jy voel jy kry die een wat by jou rok en veltoon werk.
• Kies ’n lipstiffie wat lank aanbly. Maybelline se 14 hr en Superstay 24 hr bly werklik lank aan.

#rooirosewenke

• Wees baie versigtig as jy besluit om te kontoer, dit kan jou ouer en onnatuurlik op foto’s laat lyk. Die kontoer-trend is al bietjie oud en glad nie ’n gunsteling onder grimeerkunstenaars nie.

• Die kleur van jou grimering en rok moet nie dieselfde wees nie. Blou oogskadu by ’n blou rok sal byvoorbeeld glad nie werk nie.

• Spandeer geld aan ’n goeie onderlaag. Onthou: jy gaan nog vir baie lank na jou matriekafskeid foto’s kyk en ’n slegte onderlaag kan werklik ’n foto bederf.

• Onthou om ekstra grimering in jou handsakkie te hou sodat jy dit deur die aand kan verfris.

• Ons sê: ’n Klein pakkie grimeerverwyderingslappies is ook handig, nie net om gesmeerde grimering te verfris nie, maar as jy iets op jou rok mors is dit ook handig om te hê.

Lees ook: Ons top tien-wimperwenke

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.