kategorieë: Reis

Stap tot by asemrowendheid

Reuse doloriet-pilare verrys uit die aarde. Dit lyk byna asof jy op ’n reuse fliekstel is. Dit troon 90 tot 120 m bokant die valleivloer van die Vallei van Verlatenheid uit. Dit is ’n produk van 100 miljoen jaar van vulkaniese aktiwiteit en erosie. Om dit eerstehands te ervaar, kan jy die Crag Lizards voetslaanpad aandruf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

SANParks Times het die Camdeboo Nasionale Park besoek om die toeriste-aantreklikheid, die Vallei van Verlatenheid, te aanskou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is van die eerste aanblik duidelik hoekom die park jaarliks van 60 000 tot 100 000 besoekers lok. Baie mense stop net by die uitkykpunte, maar die roete het baie geleenthede waar mens die skoonheid vir langer periodes kan waardeer. Dit is maklik om ure daar deur te bring, maak seker jy het genoeg tyd om die hele roete te voltooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Crag Lizards-roete begin by die vallei se parkeerterrein. Volg die roete tot by die eerste uitkykpunt waar jy ’n kaart van die roete sal vind. Van hier neem ‘n kort stappie jou na ’n tweede uitkykpunt.

Jy kan van hier of na die parkeerterrein terugkeer of die roete van 45 minute voltooi. Dit neem ’n uur, veral as jy stop om foto’s te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die rotsagtige roete volg die rand van die vallei waar jy oor hange kan uitkyk wat ‘n indrukwekkende sig oor die formasies bied.

Stappers met jonger kinders moet versigtig wees vir die afgronde en rotsskeure langs die roete. Sodra jy ‘ merker aan die rand van die hang bereik, draai die roete en kronkel terug na die parkeerruimte.

Vir wild-entosiaste bied die vallei goeie uitkykpunte vir voëlkyk en om wild dop te hou. Ek het ongelukkig geen wild op die roete gesien nie, maar koedoes, rooiribbokke en bergsebras kom hier voor. Hoewel stapstewels aanbeveel word, sal gemaklike skoene jou ook op die roete help.

Die Crag Lizards-roete het voldoende inligtingsborde. By een van die uitkykpunte kan jy lees van die paleontologiese geskiedenis van die dolerietpilare. Baie plantspesies is gemerk en daar is inligting oor die medisinale gebruike.

Al is dit net buite Graaff-Reinet, bied die idilliesheid van die Vallei van Verlatenheid die illusie dat jy ver van die beskawing verwyder is. Op ’n helder dag kan jy kilometers ver sien, verby die paaie en dorpe in die verte.

Die Vallei van Verlatenheid gee ’n pragtige beeld van wat moeder natuur kan bied: ’n Oase in die middel van die Karoo.

Besoek www.sanparks.org vir inligting oor ander langer staprroetes in die omgewing.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.