kategorieë: Ons menseBekendes

Stefan Enslin: niks is onmoontlik nie

Stefan Enslin: niks is onmoontlik nie deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die bekroonde vervaardiger, roman- en draaiboekskrywer Stefan Enslin is sedert 2011 in die vermaaklikheidsbedryf. Hy is bekend vir sy betrokkenheid by films soos Klein Karoo, Strikdas, Verskietende ster, Nul is nie niks nie en Liewe Kersfeesvader; die TV-reekse NoupadFM en Kern; en sy romans Verskietende ster en Tweede kanse. Hy is ook die hoof van vervaardiging by die nuwe aanlyn digitale Christelike TV-kanaal, RoepTV.com.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Die vermaaklikheidswêreld het jou van jongs af aangetrek, of hoe?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ja, as kind was ek al lief vir die kunste. Ek het deel gevorm van skoolkonserte, koor, en so meer. Tydens die skoolkwartaal het ek draaiboeke geskryf en vakansietye sou ek ons videokamera nadertrek en my jongste broer en sy vriende as akteurs inspan.

In my eerstejaar op Kovsies was ek deel van die revuegroep Cantare Studentegeselskap, waar ek ongelooflike vriendskappe gevorm het. Ek het verskeie solo’s gesing en daarvan gedroom om net een keer in die Sand du Plessis-teater as solokunstenaar te sing. Ek sal nooit die oomblik vergeet toe daardie droom bewaarheid is nie, nogals voor ’n vol gehoor. Dit het gevoel of die lewe nie sommer beter as dit kon raak nie.

Toe besluit ek om my studies in argitektuur te stop en oor te skakel na stad-en-streeksbeplanning, waarvoor ek Potchefstroom toe is. Daar was ek deel van die Alabama Studentegeselskap. In beide geselskappe het ek eerstehands geleer hoe dinge agter die skerms werk wanneer dit by vermaak kom. Sodra jy op die verhoog is, sien mense net die mooi en lekker raak. Maar dit is agter die skerms waar die harde werk, baklei, lang ure, laat aande, baie sweet en voorbereiding gebeur. Dit is waar dinge gemaak of breek word.

2 Hoe het jy die sprong van stad-en-streeksbeplanner na filmmaker en storieverteller gemaak?

Ná skool het ek eers teologie, toe argitektuur en uiteindelik stad-en-streeksbeplanning geswot. Ek het as stadsbeplanner gekwalifiseer en gewerk, maar dit het my nie tevrede gestel nie. Ek het my aandag op ’n eie onderneming begin fokus. Toe volg verskeie ondernemings. My droom het stelselmatig van stadsbeplanner na miljoenêr in the making geskuif.

Die keerpunt was ’n Angus Buchan-kamp in 2008. Die Here het direk in my hart ingepraat terwyl ek op ’n stadium alleen in die veld sit. Hy het vir my gesê: “Jy is so besig om boeke te lees oor  hoe om miljoene te maak, maar jy lees nooit meer die boek oor hoe om miljoene te bereik nie.”

Jy sou dink met die Here aan jou kant sou al wat ’n deur is, oopvlieg

Vir ’n paar uur het ek met God gesit en praat en Hy het my gevra om stories te gaan vertel wat sy Woord kon verkondig en mense inspireer. Dit is toe dat ek die naam Faith in Motion Productions van Hom ontvang het – dit was letterlik Geloof in Aksie om die sprong van stad-en-streeksbeplanner na filmmaker en storieverteller te maak.

3 Hoe het die vestiging van Faith in Motion Productions verloop in terme van uitdagings en deure wat oopgeswaai het?

Jy sou dink met die Here aan jou kant sou al wat ’n deur is, oopvlieg. Alles behalwe. Maar ek weet dit is ’n goeie ding. God ken ons goed. Hy weet dat ons soos ’n kind in ’n speelgoed winkel in alle rigtings sou probeer hardloop. Hy maak deure stelselmatig oop, op die regte tyd, sodat ons die reis saam met Hom kan aanpak.

Daar was tye wat ek net wou opgee, want ek is ongeduldig – ek wil dinge nou dadelik laat gebeur. My vrou, Louise, het my ongelooflik ondersteun en aangespoor om nie moed op te gee nie. Ons was besig om alles te verloor.  Ek het haar gesmeek om my te los en vir haar en ons eerste kind ’n beter lewe te gaan soek, sonder ’n man wat besig is om ons finansieel te verwoes. Sy het geweier en gesê sy glo in my; God het my op dié reis geroep en solank Hý nie sê stop nie, gaan ons voort.

Al hoe ons kon oorleef, was op kredietkaarte, waar ons die een met die ander een betaal het. Tot die dag toe ons in die kerk kollekte ingooi en ek letterlik my laaste geld vir die Here gegee het: 2 x 20 sente & 1 x 10 sent = 50c. Dit was dit! Ek het vir God gesê: “Nou het U al my geld.” Dit was asof God vir my gesê het: “Nou kan ons uiteindelik begin werk.”

Twee weke later het ek befondsing vir my eerste film, Strikdas – ’n familiegedoente, ontvang. Daarna het Verskietende Ster, Nul Is Nie Niks Nie en Liewe Kersfeesvader gevolg. Maar die stappe tussenin was alles behalwe maanskyn en rose. God het my op my knieë gehou, en Hy doen steeds.

Lees ook ons onderhoude oor Nul is Nie Niks Nie met Luan Jacobs, Marisa Drummond en Reine Swart

Lees ons onderhoud oor Liewe Kersfeesvader met Mila Guy

5 Hoe sou jy die firma se hartklop en reis tot nou beskryf?

Die hartklop is om mense te inspireer en te motiveer deur liefde en krag in Christus.

Die reis is gekenmerk deur goeie en moeilike tye. Maar danksy God se genade het Faith in Motion homself al as ’n brand gevestig vir goeie gesinsvermaak en/of films wat besiel.

6 Wat gee in jou oë diepte aan ’n speelfilm?

Wanneer die storie op een of ander vlak direk tot die hart praat.

7 Jy word later vanjaar 40. Het jy die behoefte om dit ’n waterskeidingjaar te maak, en hoe sou jy hierdie voorneme verwoord?

Alhoewel ek gelukkig genoeg is om my droom te leef, het ek ’n rukkie gelede die gevoel gehad van: “Was dit nou dit?” Dit het my mismoedig gelaat.

Ek het besef ons doelwitte is aardse doelwitte. En solank dít die geval is, is ons geluk deur middel van die doelwitte wat ons bereik van korte duur. Ek dink dis ook die rede hoekom mense depressief raak: hulle is onseker oor wat volgende moet kom.

Hierdie jaar wil ek dus my verhouding met God wil verdiep. Saam met Hom sal dit ’n waterskeidingjaar wees vir al die regte redes.

Ek moes vinnig leer om nie te fyngevoelig te raak nie

8 Hoe het die afgelope 40 jaar jou op die uitdagings van jou huidige beroep voorberei?

Daar word baie hard gewerk om mense te vermaak, en partykeer hou hulle niks daarvan nie. As skrywer en filmmaker word my werk in die media geresenseer en daar word nie altyd net goed daarvan gepraat nie. Ek moes vinnig leer om nie te fyngevoelig te raak nie.

Ek weet my eerste 40 jaar het my deur soveel goeie en slegte geneem om my voor te berei op die uitdagende tye wat gewoonlik met die volg van jou droom saamgaan.

En my wenk vir mense wat steeds wonder wat hulle wil doen, of wat ongelukkig is in wat hulle doen, is om hulself die volgende af te vra: Hoe het ek gespeel toe ek ’n kind was? Die antwoord is gewoonlik daarin versteek.

9 Waaraan dink jy het vandag se lesers en kykers ’n behoefte?

Aan stories van hoop. Daarom geniet ek dit om elke storie wat ek skryf een van hoop te maak. Mense moet voel dat die lewe die moeite werd is en dat húlle die moeite werd is. Ons is elkeen geskape om dit te doen wat ons gelukkig maak.

Gee net daardie eerste tree

10 Waarvoor is jy baie, baie dankbaar?

Vir my vrou en twee pragtige dogtertjies. Beide is wonderwerkbabas omdat ek en my vrou in 2007 moes hoor dat ons onvrugbaar is. God het wonderwerke kom verrig, op Sy tyd, en ons met hierdie twee kinders geseën.

11 Hoe voel jy nou oor die lewe?

Ek weet dat die beste nog voorlê. Vir lank was ek onseker en onbewus van waartoe ek in staat is. Nou glo ek niks is onmoontlik nie. Die wedstryd word meestal verloor tydens die reis tussen die kop en die hart. Sodra jou hart reg ingestel is, sal die kop volg. Gee net daardie eerste tree. Sodra jy dit doen, is jy reeds op pad na jou droom. Dan moet jy net uithou en aanhou.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.