kategorieë: Ons menseBekendes

Steve Hofmeyr roer hartsnare met nuutste enkelsnit


'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }


Dié liedjie dateer uit toeka se dae en het weer dieper betekenis by Steve gekry toe sy eie klein prinses, Romy-lee, in sy lewe gekom het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }


“Ek onthou hoe ek as kind nie altyd die oorspronklike liedjie, Cindy, se woorde verstaan het nie. Maar dit kom bitter gou na jou toe sodra jy kinders kry, veral ’n dogter, wat eie aan ons aard, jou
eendag sal inruil vir ’n jong minnaar vol beloftes,” het Steve vertel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }


Steve het konsertgangers die afgelope ruk reeds bederf met ROMY en die terugvoer was reeds oorweldigend.


“Dié lied het ’n manier om mammas, pappas, ouma en oupas tjoepstil te los,” het hy bygevoeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


“En as jy dit hoor en jy is ouer as vyftig, herken jy die deuntjie dadelik. Die seerste lyntjie is ‘En in jou hart se nuwe woning, is my liedjies uit jou drome, dans jy in sy arms van my weg’….”

Volgens Steve het die liedjie ’n betekenis waarvan almal so ietsie verstaan – die liefde vir kinders, hulle weerloosheid en die leë nes-sindroom en wie weet, om later vergeet te word.


Hy vertel laggend dat hy ook so bietjie ballet in die baie spesiale musiekvideo saam met Romy-lee doen.


“Dit het oortuiging gekos, maar Romy-lee het uit eindelik daarin gespeel. Sy doen ballet en ek speel klavier. In werklikheid is die pragtige klavierklanke Rocco de Villiers se handewerk,” het hy vertel.


“Ons het ’n dansskooltjie se ateljee gehuur. Die deernis is miskien die video se krag. My aktrisetjie is pragtig. En dan, die verrassing teen die einde,” het hy bygevoeg.


Dié musiekvideo is ook pas saam met die enkelsnit vrygestel.

KYK: Die musiekvideo van Romy

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met ‘Die Kontrak’ se naaswenner, Mirandi

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

13 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

16 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

18 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

20 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 days Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.