kategorieë: Ons menseBekendes

Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou

Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou deur Ilse Salzwedel. Foto’s: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou

Vriendskap en verlies is twee van die hooftemas in Still Breathing (Donderdae op MNet). In die eerste episode sterf Trent, ’n jong sakeman, onverwags in ’n motorongeluk. Sy dood laat sy vrou, vriendekring en familie met baie vrae, en elkeen probeer die verlies en al die onthullings wat daarop volg, op sy eie manier verwerk.

Brandon vertolk die rol van Danny, ’n ware steunpilaar vir die hele vriendekring en ’n pa van drie. Sy vrou sit skynbaar vierkantig op sy kop, of so lyk dit altans vir die kyker. Ons sien hoe Danny sy eie hartseer opsy skuif om almal om hom gelukkig te hou en sy gesin te beskerm en te versorg. Dit lei mettertyd tot slapeloosheid en ’n vrees om sy vrou of kinders te verloor of self te sterf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel ons van Danny …

Hy is is regtig ’n goeie ou, een van daardie staatmakermense. Hy kan nogal vergeetagtig wees, maar dis omdat hy hom die hele tyd bekommer oor almal om hom. Hy wil net hê almal moet oukei wees. Sy vrou sit nou wel ’n bietjie op sy kop, maar hy is regtig, regtig lief vir haar en sal enige iets doen om haar gelukkig te hou – selfs al beteken dit hy moet haar geite verduur.

Ek wil nie te veel verklap nie, maar soos elke karakter in die reeks het hy ’n breekpunt of twee – hy probeer immers sy bes om alles te hanteer, al voel dit of hy self bietjie-bietjie doodgaan nadat sy beste vriend dood is. Maar hy is en bly ’n goeie ou, ten spyte van wat later in die reeks gebeur.

Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou

Hoe ’n soort pa is jy vir jou eie negejarige dogter?

’n Baie betrokke een! Ek en haar ma is nie meer saam nie, maar steeds beste vriende. Dis vir ander mense moeilik om te glo, maar dis regtig so. Ons het lank gelede al besluit dit behoort nie te gaan oor ons nie, maar oor hierdie pragtige siel in ons lewens. So, wanneer sy by my is, doen ons allerhande goed. Sy is nogal besig, en ons doen soms mal goed saam. Ons gaan speel paint ball, vang vis, klim teen rotse uit … Sy het ook ‘n paar toneeltjies in Still Breathing as Lilly, maar as jy na haar luister, het sy ’n hele karakter gehad waaroor sy selfs lang gesprekke met mense gehad het. (Hy lag).

Wil sy ’n aktrise word?

Ek het aanvanklik gedink dat sy uit verveling wil deel wees van my shows, maar sy het ook ’n rolletjie in ’n internasionale rolprent (Redeeming Love) losgeslaan. Dit behoort volgende jaar te verskyn. Ek dink sy is gelukkig dat sy al op ’n hele paar stelle saam met my kon wees. Sy verstaan presies hoe die bedryf werk. En dat die bloed byvoorbeeld gemaak word van ’n mengsel van suiker en stroop en kleursel en ’n klomp goed. Ek onthou dat ek eenkeer nogal mooi moes gaan verduidelik by haar kleuterskool dat sy nie regte bloed gelek het en regtig dooie mense gesien het nie, maar dat sy saam met my op stel was. Ons het ’n riller geskiet, en sy het by die span wat vir spesiale effekte moes sorg, geleer hoe kunsbloed en poppe wat dooie mense voorstel, gemaak word.

Sal jy haar ondersteun as sy daarvan ’n loopbaan wil maak?

Ja, ek sal. Sy het ook ’n pragtige sangstem, en as sy wel belangstelling toon, sal ek haar beslis ondersteun en help waar ek kan. Ek sal haar soveel laat sukkel as wat sy nodig het, maar daarna sal ek beslis ’n sleutel in die deur sit om dit vir haar oop te maak as ek enigsins kan. Ek sal nooit wil hê dat sy deur alles moet gaan waardeur ek die afgelope 26 jaar is nie. Ek moet steeds soms smeek vir betalings en oor ’n minimumsalaris onderhandel, en ek sal seker maak sy word nie so behandel nie. Ja, dit is ’n stryd, maar as hulle jou wil hê, sal hulle betaal. Dis wat ek deur die jare geleer het. En om vas te byt.

Wou jy nog altyd ’n akteur wees?

Beslis! Vandat ek die eerste keer Return of the Jedi gesien het, was ek obsessief oor die idee van toneelspeel. Ek het altyd geweet dat ek ’n akteur wil wees. Daardie tyd moes ’n mens jou pad boontoe in die bedryf oopwerk – dit was allermins ’n gewildheidskompetisie. Jy moes wys wat in jou steek. Ek het alles gedoen – baie verhoogwerk, baie musiekteater, baie kinderteater, baie drama. Ek het eintlik nie baie televisiewerk gedoen nie, hoewel mense danksy my byna agt jaar in Isidingo dink ek het. Still Breathing is maar my vierde of vyfde TV-reeks, as ek nou vinnig tel.

Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou

Wat is jou groot liefde as dit kom by jou werk?

Rolprente maak! Ek is ’n liefhebber van die kuns daarvan, die hele proses – ek is absoluut mal daaroor!  Ek praat juis tans met MNet oor van my eie draaiboeke wat al ’n paar jaar gelede geskryf is.

Hoe het jou pad in die bedryf geloop?

Ek was in my eerste semi-professionele toneelstuk toe ek maar 11 was. Ek het die rol van Bugsy Malone gespeel. Ek het op skool drama geneem, en het na my nasionale diensplig drama studeer by die Pretoria Technikon. Dit het destyds nog ’n fantastiese naam gehad en het ’n hele klomp groot akteurs opgelewer. Ek het my dramagraad gekry en tydens my studie ook danslesse geneem (tap en jazz). Ek het daar in die beginjare baie musiekteater gedoen, en eers later meer dramas. Ek dink baie mense het my vir ’n lang tyd nie eintlik as ’n ernstige akteur gesien nie. Ek was soort van die “go-to-guy”, die ou wat jy gebruik het as jy ’n ding gedoen wil hê. Maar vir my is toneelspel nog altyd ’n baie ernstige saak.

Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou

Jy is nou al meer as 25 jaar in die bedryf. Wat beskou jy as jou hoogtepunte?

My eerste professionele optrede was in Joseph and his amazing technicolour dreamcoat in 1994, die jaar waarin ek graad gekry het. Later het ’n paar lekker rolle in musiekproduksies gevolg, soos The Buddy Holly Story, waarvoor ek moes leer baskitaar speel – regtig speel, en nie net maak of ek speel nie. Ek het die rol van Joe gespeel teenoor Steve Hofmeyr en Paul Buckby. Ek was ook in Summer Holiday, weer teenoor Steve Hofmeyr. En ek het baie kinderteater gedoen – ek het eintlik al alles gedoen, behalwe ’n Engelse pantomime.

Ek veronderstel my groot deurbraak was seker maar The Buddy Holly Story as dit by teater kom, en as dit by televisie kom, is dit beslis Isidingo. Maar dis ’n heel ander storie as dit by rolprente kom. My eerste rolprentrol was in 2007 in ’n internasionale fliek, maar ek het lank kleiner rolle gespeel voor my deurbraakrol in Elysium (2013) met Neil Blomkamp as regisseur. Dit was my tweede rolprent met hom in die regisseurstoel, en uiteindelik het ek in al drie sy rolprente en twee van sy kortflieks gespeel. Maar of ek nou aan ’n internasionale of plaaslike produksie werk, ek benader alle werk met dieselfde toewyding. Die meeste van my werk gebeur in Suid-Afrika, danksy goeie verhoudings wat ek hier opgebou het oor die afgelope klompie jaar. Maar ek het ’n internasionale agent wat ook vir my draaiboeke stuur.

Jou voorkoms verander baie vir verskillende rolle …

Ja, ek probeer om my liggaam soveel moontlik te manipuleer vir elke rol – dit gaan oor meer as net hare en ’n baard. Ek het eintlik vir die meeste van my rolle een of ander fisiese verandering ondergaan, soos om gewig te verloor of gewig op te tel of spiere te bou.

Johnny en Tiffany Barbuzano, die vervaardiger en skrywer van Still Breathing, vertel dat hulle elke rol met ’n spesifieke akteur in gedagte geskryf het. Hoe ken julle mekaar?

Ons is al seker 20 jaar vriende. Ek het ’n dwelmhandelaar gespeel in een van hulle reekse (Sober Companions), en ons het ’n wonderlike vriendskap op stel begin. Ek is nie seker of dit die rede was dat hulle my in Still Breathing wou he nie, maar ek is baie dankbaar vir die geleentheid.

Still Breathing se Brandon Auret: Eintlik maar ’n skaam ou

Waarvan hou jy? En wat verpes jy?

Ek hou van goeie maniere en mense wat ander mense in ag neem. En ek haat die blame game – moenie ander mense blameer vir iets wat eintlik jou fout is nie. Ek hou van mense met groot harte. Ek het vriende wat al groot geld gemaak het wat baie nederig is – dis vir my belangrik dat mens nederig bly, maak nie saak wat jy al bereik het of nie bereik het nie. Ek hou van eerlikheid, van kommunikasie, van gesels.

Wat weet mense nie van jou nie?

Dat ek nogal skaam is. Hoe ouer ek word, hoe meer teruggetrokke raak ek – onthou, ek is nou ’n pa, en dis die mees vervullende aspek van my lewe. Ja, ek het ’n wonderlike loopbaan agter my. Ek is op my gelukkigste saam met my vriende.

As jy moet kies: hond of kat?

Ek hou van albei en het al albei gehad. ’n Hond is soos ’n vrou, en ’n kat soos ‘n minnares – sy sal jou laat weet as sy enigsins lus is vir jou aandag.

Hoe ontspan jy?

Ek hou van visvang en skubaduik. En jag. Tyd in die bos saam met my beste vriende en familie is eenvoudig wonderlik. Ek het baie lank laas geduik, maar ek onthou hoe kalm en rustig dit my gemaak het. Dis iets wat ek beslis saam met my dogter wil doen wanneer sy ouer is. Sy is nogal ’n ywerige swemmer en lief vir water.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

20 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.