kategorieë: Reis

Stof jou stewels af en pak die uitdaging

Jy kry skaars jou asem terug van die vorige opdraande of die pad kronkel reguit na ’n ander heuwel. SANParke bied ’n aantal fisiek uitdagende roetes wat meer as net ’n bottel water en versnaperings vereis. Stof joustewels af, pak jou rugsak en slaapsak en durf van die langer van die langer roetes aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Staproete – Addo Olifant Nasionale Park

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die sirkelroete van 32km in die houtryke Kaapse seksie neem twee dae en het drie verskillende tipes terrein wat wissel van woude, kus-duine (grootste in die suidelike halfrond) te ongerepte strand. Alexandria Woud is die tuiste van die Knysnaloerie, antieke geelhout, boom-dassie, duiker en bosbokke om net ’n paar te noem. Die Woody Cape hut, waar jy sal oornag, kyk uit oor die voël-eiland mariene bewaringsgebied, tuiste van die grootste kolonie van Kaapse malgasse in die wêreld.
Probleme: matige tot hoë fiksheidsvlak vereis.
Koste: R150 per persoon
Navrae: Woody Cape kantoor + 27-46-653-0601 of Anban.Padayachee@sanparks.org

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Impofu-staproete – Bergkwagga Nasionale Park

Die begeleide drie dag staproete strek oor 25km deur die Karoo. Jy oornag in rustieke berghutte en moet beddegoed en voorraad bring. Op dag een sal jy grasveld en bergagtige bosgebied deurkruis tot verby die bekende Big Rock. Op dag twee stap jy deur berg-grasvelde waar stappers troppe diere sal sien. Die laaste been neem jou verby rivier-bosagtige gebied. Die park is die tuiste van leeus en jagluiperds.
Probleme: Matig.
Koste: R415 per persoon
Navrae: + 27-48-881-2427 of mountainzebra@sanparks.org

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Impofu Hike dek sommige van die mees skouspelagtige natuurbestemmings in die Bergkwagga Nasionale Park
(Foto: Eric Reisinger)

3 Kaap die Goeie Hoop – Tafelberg Nasionale Park

Pleks van Kaappunt sien soos duisende toeriste dit sien, hoekom nie jou tyd neem om dit oor twee dae beter te bekyk nie? Hierdie sirkelroete van 34 km neem jou verby interessante fynbos-spesies en bontebokke, rooi Hartbees en sebras in hul natuurlike habitat. Pragtige tonele wag op jou.
Probleme: Matig.
Koste: R245 per persoon
Navrae: Buffelsfontein Besoekersentrum + 27-21-780-9204

Die Kaap die Goeie Hoop is ’n wonderlike plek om te voet te verken

4 Venstervalle-staproete – Ai | Ais / Richtersveld Oorgrenspark

Rowwe terrein en uiterste toestande maak hierdie een net vir fikse stappers. Dit is ’n vyf dag uitdaging vir die ekstremistiese avontuurlustige. Alles van tente tot drinkwater moet saam gedra word. Die terrein is klipperig en gevaarlike kranse en steil kranse maak dit ? uitdaging. “Baie van die tonele op die roete herinner aan die Visriviervallei,” sê Hendrik Prins, park-opsigter. Die staptog is oop van April tot September.
Probleme: Ekstreem.
Koste: R250 per persoon
Navrae: Hendrik Prins + 27-84-742-9797 of hendrik.prins @ sanparks.org

5 Klipspringer-roete – Augrabieswaterval Nasionale Park

Geniet die roete vanaf April tot middel Oktober. Daar is geen beter manier om skouspelagtige rivieruitsigte, klowe, geologie, plante en diere te ervaar as om die gebied te voet te deurkruis nie. Op die eerste dag stap jy 14.4km gevolg deur 9.9km en 11.5km. Rustieke oornagverblyf bied die absolute minimum geriewe en eetgerei en breekware moet saamgebring word. Langs die pad sal jy beroemde bakens soos Moon Rock, Oranjekom en Swart Rante sien.
Probleme: Baie veeleisend
Koste: R235 per persoon
Navrae: + 27-12 -428-9111 of reservations@sanparks.org

6 Otter-roete – Tuinroete Nasionale Park

Dit strek vanaf Stormsriviermond tot by Nature’s Valley en dek 42km oor vyf dae. Afgesien van die fisieke uitdaging is die woude, varswater-poele, ongerepte kus-strande en pragtige skoonheid ’n groot trekpleister. Kyk uit vir die ontwykende otter langs die pad. Dit is nie ’n sirkelroete nie en vervoer moet gereël word. ? Ouderdomsbeperkings geld.
Probleme: Baie veeleisend
Koste: R1000 per persoon
Navrae: + 27-12-426-5111 of specialisedreservations@sanparks.org

7 Outeniqua-roete – Tuinroete Nasionale Park

’n Unieke skilderagtige stap-avontuur van 108km oor sewe dae met baie klim-werk. Dit is nie vir luies nie en die kortste staptog is net langer as 10km.Oornag-hutte bied vuurmaakhout, roosters, water en beddegoed, maar geen kook- en eetgerei nie. Elektrisiteit is nie oral beskikbaar nie. Geniet die antieke inheemse woude en asemrowende natuurskoon. Die staptog kan oor korter roetes gepak word.
Probleme: afdelings wissel van maklik tot moeilik
Koste: R76 per persoon per nag
Navrae: + 27-44-302-5606

8 Olifantsrivier staproete – Kruger Nasionale Park

Pak hierdie een as jy van ruwe terrein hou. Dit begin by die Olifantskamp en jy het vier dae nodig om sowat 42km te voltooi. Daar is geen geriewe of toilette langs die pad nie. Stappers moet tente en al hul toerusting saambring. Die rivier sal die water voorsien vir drink en was, so onthou jou suiweringstablette. Roetes begin op Sondae en Woensdae.
Probleme: Redelike fiksheid, mediese sertifikaat vereis
Koste: R2350 per persoon
Navrae: + 27-12-426-5117 of reservations@sanparks.org


Belangrike feite

– Tariewe is geldig tot 31 Oktober 2015, bewaringsfooie is nie ingesluit nie.
– Minimum en maksimum aantal stappers geld.
– Goeie stapskoene en son-blok is noodsaaklik.
– Vind meer uit oor die items wat saamgedra moet word, dieselfde geld nie vir alle staproetes nie.
– Moet nooit sonder ’n noodnommer stap nie.
– Stap jy in ’n somer- of winter-reënval area? Berei jouself voor.
– Vind meer uit oor die waterpunte op die roete. As daar geen water is nie, wees voorbereid.
– Besoek www.sanparks.co.za vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

19 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.