'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Dit is somertyd en jy kan opnuut die pols en plesiere van die Eikestad ontdek gedurende die gesellige Straat Soirees wat elke tweede week tot en met einde Maart 2013 plaasvind. Die onderste gedeelte van Kerkstraat word in ‘n kleurvolle en geurvolle kos-en-wyn rendezvous omskep, waar vreemdes vriende raak en luilekker uitspan op die sypaadjies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Gratis wynproeë word deur verskeie wynplase aangebied terwyl deelnemende restaurante liplekker etes verkoop. Plaaslike musiekvermaak kry jou ook in die regte stemming!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Toegang is gratis. Dit duur vanaf 17h00 tot 19h30 en vir ‘n R20 deposito kry jy ‘n wynglas om na hartelus al die wyne te proe.
Datums:
16 Januarie; 25 Januarie tot 3 Februarie (Stellenbosch Wynfees); 13 & 27 Februarie, en 13 & 27 Maart.
Meer inligting by 021 886 8275 8275 / 021 886 4310 of besoek www.wineroute.co.za. Gaan loer ook op ‘Stellenbosch Street Soirees’ se Facebook bladsy.
Aangebied deur die Stellenbosch American Express® Wynroetes en Stellenbosch 360
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.