kategorieë: Reis

Stergehalte in Mauritius

Atmosfeer
Idillies – nes op die brosjures

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie
Beach Junior Suites, Pool Junior Suites, Junior Suites, Lagoon Suites, Family Suites, Honeymoon Suites, Senior Suites, Maharaj Suite en Villas. Daar is ook LUX*-hotelle op La Réunion en die Maldives geleë.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tariewe
Tariewe is op aanvraag beskikbaar by Island Light Holidays: 011 770 7821. Sien ook ons Spesiale Lesersaanbod hieronder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Etes
„Halfboard“ sluit ‘n buffetontbyt en aandete in. Verkies jy ’n kontinentale ontbyt, sal die fynproewersgebak met jou praat; gesondheids- en glutenvrye brood is ook beskikbaar. Vir ’n groter aptyt is daar van die tipies Engelse ontbytdisse tot die onverwagse, soos geroosterde groente. Moenie die pannekoek en wafels wat voor jou oë gebak word, misloop nie. Die vanielje- of suurlemoengegeurde heuning is besonders. En natuurlik kan jy ‘n verskeidenheid vars vrugte verwag.

Aandete in die gewone eetkamer, The Kitchen, behels soms buffet met ’n Arabiese, Indiese of internasionale tema, soms ’n viergangspyskaart met keuses. Die kos is van vyfstergehalte en word prentjiemooi voorgesit. Die vars vis en Indiese disse het ons laat swymel. Teen ekstra betaling kan jy by die Indochine (eiland cuisine) of Le Langoustier (seekos) eet. Toe ons daar was (in laagseisoen) was The Beach, die strandrestaurant, sleg smiddae oop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Geen drankies is by hierdie opsie ingesluit nie. Ligte (en kreatiewe!) geregte is by die swembadkroeg beskikbaar.

Pluspunte
*Die beeldskone see!
*Die lang lys gratis aktiwiteite
*Kunstenaars wat elke aand musiek verskaf en soms dans – jy word met van die blues tot die tradisionele sega vermaak
*Op Dinsdagaande kan jy die hotelpersoneel tydens ’n spesiale skemerdrankiegeleentheid ontmoet
*Die citronella- of roosmalvahanderoom – jy kan ’n ekstra voorraadjie by die hotelwinkel aanskaf
*Die tuin met sy palms, varings, terrasse en liggies wat saans ’n towertuin word
*Die relatiewe kort vlug wat jou na ’n ander wêreld neem
*Die grootste aantrekkingskrag, vir my, was die rustige vriendelikheid van die Mauritiane wat (tot my verbasing) werklik plesier daaruit put om van diens te wees

Onthou …
Jou kamera, sonbrandroom, hoed en klere wat jou skouers beskerm vir ingeval jy wil gaan stap, asook iets vir koeler weer. In die Mauritiaanse winter moet jy ligte langmouklere ook inpak

Die LUX* Island Light-groep noem dit „50 reasons to go”. Ek het dit sommer tot “die 50 vreugdes“ herdoop. Ek praat nou van die lekkertes waarmee hierdie groep verlede jaar vorendag gekom het om ‘n verblyf by hul oorde daardie ietsie ekstra te gee.

Mauritius is voorspelbaar, dink ons. Son, see, en sambreeldrankies. LUX* het egter die onverwagse ook betrek. Hul konsep, wat deur ál hulle werknemers – van die skoonmakers tot die groot kokkedore – bedink is, het ten doel om gaste te verwen en te verras.

’n Voorbeeld of wat:

*Jy kan gratis huis toe bel (ja, regtig!) by die outydse rooi telefoonhokkies op LUX*-hotelterreine.
*In elke hotel se voorportaal vind jy deesdae die Café LUX* waar koffie van varsgeroosterde bone deur ware baristas bedien word. Soggens vroeg tot om 10h30 is dit gratis. Die LUX*-mense is die eerste hotelgroep ter wêreld om self hul bone te rooster. Ek en my reismaat, Wilma, was later ou bekendes in die voorportaal. Sug, daardie cappuccino’s …
*Van bone gepraat: boontjiesakke, bankies en hangmatte verskyn uitnodigend op onverwagse plekke.
*Op ’n sterbesaaide aand kan jy die hemele deur ’n mobiele sterrewag beskou terwyl ingeligte gidse vir jou die feite en die ster-stories vertel.
*Roomys. Ja, party van ons word nooit groot nie! LUX* se eie roomys-brand, ici, word by outydse klein stalletjies verkoop. Dis laevet, maar ek dink hulle jok dalk daaroor want dis baaaie lekker.
*Fliek op die strand. ’n Groot doek word sommer daar staangemaak (of tussen palmbome gespan) en jy hoef nie vir jou springmielies te betaal nie. Hulle noem dit Cinema Paradiso.
*Koekversier-sessies. Met die hulp van een van die hotels se soetbakkers kan jy of jou kinders of sommer die hele kaboedel ’n koek of ’n kolwyntjie tot ’n bewonderenswaardige skepping omtower.
*Elke dag word daar by die LUX*-oorde ‘n bottel of twee weggesteek – ’n variasie op die ou „Message in a bottle”- gebruik.
Pleks van die tradisionele drenkelingsbriefie, is daar ’n spa-bewys of ander verrassing in. Ons het geen bottels gevind nie, maar dan het ons ook nie juis gaan soek nie. Ons was te lui.

Ek vrees my beskrywing tot dusver sal menige adrenalienjunkie koud laat. Onmiddellike regstelling: daar is baie vir energiekes te doen. Lees asseblief verder.

Vir my kon die week op Mauritius egter opgesom word in drie woorde: lui, luier, luiste.

Ek het nooit geweet dit word winter in Mauritius nie. Ons was einde Junie daar, in „winterweer“. Dit beteken jy kan steeds met jou balkondeure oop slaap om die ruising van die see naglank te hoor of bedags in die son lê, maar dat jy dapperder as ek moet wees om dit in die water, sout of vars, te waag. Al wat Wilma kon regkry, was om my by die Spa van die stoomkamer na die (koue) jacuzzi na die sauna na die (het ek gesê koue?) jacuzzi te boelie. Verder kan my swemgeskiedenis in Mauritius beskryf word as hoog en droog.

Om welbehaaglik op jou strandstoel te terug te leun en bo-oor jou loomwarm knieë na die groen en blou strepe van die Indiese oseaan te staar, was egter elke keer ’n bederf-ervaring. Die spanning loop uit jou lyf soos spierwit sand uit ’n uurglas. En ons het darem gereeld lang ente langs die see en in die onverwagse dennewoud digby die strand gaan stap.

Wenke

*Ruil jou rande om wanneer jy op die lughawe by Port Louis land.
*Die kraanwater is nie drinkbaar nie. ’n Sekere hoeveelheid gratis water word verskaf maar as jy die dors van ’n kameel het, kan jy in die straat voor die hotel ’n taxi opkommandeer en water en nog wat by die naaste supermark gaan koop.
*Bou soggens by ontbyt jou eie tropiese kelkie met vars vrugteslaai, kokosneutkrulle, droë pynappel en romerige wit jogurt met ’n bessiestreep, en rond dit af met ’n paar sjokoladegranola-knoetsies.
*Pas jou besigtigingstoere aan die begin van jou verblyf in. As die eilandritme eers in jou lyf kon sit, wil jy heel moontlik skaars roer …
*By die meeste winkels moet jy die prys afstry!
*Moenie skrik as taxi-bestuurders of verkopers jou op die strand of elders byloop nie. As jy nee sê, aanvaar hulle dit – anders as in ander wêrelddele waar jy soms wens jy het ’n bietjie meer na Goliat van ouds gelyk.
*As jy daaraan gewoond is om voor middernag te gaan slaap, bespreek liefs ’n hotelkamer ver van die kroeg waar die kunstenaars saans optree.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.