kategorieë: Reis

Straat Soirees in Stellenbosch

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is somertyd en jy kan opnuut die pols en plesiere van die Eikestad ontdek gedurende die gesellige Straat Soirees wat elke tweede week tot en met einde Maart 2013 plaasvind. Die onderste gedeelte van Kerkstraat word in ‘n kleurvolle en geurvolle kos-en-wyn rendezvous omskep, waar vreemdes vriende raak en luilekker uitspan op die sypaadjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gratis wynproeë word deur verskeie wynplase aangebied terwyl deelnemende restaurante liplekker etes verkoop. Plaaslike musiekvermaak kry jou ook in die regte stemming!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toegang is gratis. Dit duur vanaf 17h00 tot 19h30 en vir ‘n R20 deposito kry jy ‘n wynglas om na hartelus al die wyne te proe.

Datums:
16 Januarie; 25 Januarie tot 3 Februarie (Stellenbosch Wynfees); 13 & 27 Februarie, en 13 & 27 Maart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer inligting by 021 886 8275 8275 / 021 886 4310 of besoek www.wineroute.co.za. Gaan loer ook op ‘Stellenbosch Street Soirees’ se Facebook bladsy.

Aangebied deur die Stellenbosch American Express® Wynroetes en Stellenbosch 360

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.