kategorieë: Ons menseBekendes

‘STROOP’ wen nog ’n prys

Die insetsel, wat op die SABC 2-program 50/50 verskyn het, het die Veertjie vir beste insetsel in ’n opvoedkundige program gewen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bonné de Bod is ’n bekroonde natuurlewe televisie-aanbieder en filmmaker met ‘n ongekende passie vir renosters. Sy is op die oomblik saam met bekroonde natuurlewe filmmaker Susan Scott besig met die verfilming van ‘STROOP’, ‘n dokumentêre film oor die renosterstropingskrisis. Die baanbreker rolprent wat later in 2016 vrygestel word, sal na verwagting die kompleksiteit van die renosterkrisis aan gehore in Suid-Afrika en die res van die wêreld uiteen sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Susan-Scott en Bonne-de-Bod-ATKV-Media-Veertjies-2016

*Ilse Salzwedel het in die Februarie 2016-uitgawe van rooi rose ook met haar gesels. Klik hier vir die artikel. Die volgende artikel kom uit die pen van Bonné self.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vanuit die voorste linies – deur Bonné de Bod

Net voor die laaste volmaan van 2015, was ek een vroegaand op patrollie saam met drie veldwagters en ’n hond. Ons was in ’n droeë rivierbed in een van die mees digbevolkte renostergebiede. Swaar gewapen en in doodse stilte, het die K9-eenheid aan weerskante van my geloop. Ek het natuurlik veilig gevoel, maar was tog senuweeagtig . Dit is een van die grootste wildernisgebiede in die wêreld waar bendes stropers elke uur van die dag bedrywig is, elke dag van die week, elke week van die jaar. Ek is nou al geruime tyd hiermee besig… en daar is geen ander manier om hierdie “renosterstropingskrisis” te beskryf as ’n oorlog nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In 2015 het ek myself keer op keer in hierdie situasies bevind met die manne en vroue wat letterlik die wapen opgeneem het in konflikgebiede regoor Suid-Afrika. Ek het gesien hoe veeartse noodoperasies op tientalle slagoffers uitvoer. Ek het patrollies langs grensdrade afgedoen, geloop saam met die privaateienaars onder die maanlig… gewag vir die onafwendbare om te gebeur. As hierdie vermeende stropers eers aangekeer en in die stelsel opgeneem is, het ek gesien hoe ons staatsaanklaers treë vir treë moes byhou by verdedigingspanne met diep sakke in lang uitgerekte borgtogaansoeke en die uitstel van hofverskynings. Duisende kilometer oor die oseaan het ek selfs die gebruikers van renosterhoring in hul sitkamers ontmoet en ondergronds in die agterstrate van Asië se stede verdwyn om die eindproduk te sien wat soveel hartseer en geweld saai. Dit klink en voel vir my beslis soos ’n oorlog.

As ek aan die Irak oorlog ’n dekade gelede dink, onthou ek die deurslag wat gemaak is in die media se dekking daarvan en die term “embedded journalism” wat geskep is. Oorlogverslaggewers is ongekende toegang gegee tot die voorste linies omdat die insameling van inligting verander het. Ons lewe vandag in ’n wêreld wat gedryf word deur ’n honger vir nimmereindigende inligting. So, die verslae van die Tweede Wêreldoorlog wat verskeie weke en selfs net 24 uur later vertoon was, is nie meer relevant in ’n era van regstreekse televisie wat gestook word deur sosiale media en “burger-joernaliste” nie – diegene wat in die voorste sitplekke sit waar die jongste nuus plaasvind, gewapen met slimfone wat aan die internet gekoppel is.

Tydens die vervaardiging van stories vir 50|50 sowel as die verfilming van my opkomende dokumentêre rolprent ‘STROOP’, is ek ingebed in ons renosteroorlog, is ek ’n getuie nie net van die afskuwelike wandade wat gepleeg word nie, maar ook van die mense wat dit beveg. Elkeen se rol in die oorlog is belangrik, maar dit is van kardinale belang dat hulle tot by ’n punt bymekaarkom. Dit verbaas my telkens dat hierdie eenvoudige, logge diere vasgevang is in so ’n web van kompleksiteit. Die wêreld van renosterstropery het soveel lae, dit is so kompleks en ten spyte van al die tyd wat ek al daarin spandeer het, bly dit ’n stryd as filmmaker om dit alles uit te lê vir die Suid-Afrikaanse publiek.

Lokprent van ‘STROOP’:

2016 moet die jaar wees wat al die kompleksiteit opsy geskuif word en ons eenvoudig en meer effektief saamwerk ter wille van die toekoms van ons rensters.

Groot hofsake oor renosterstropery vind hierdie jaar plaas en ek hoop dit sal afgesluit word met die toegepaste vonnisse. Dit is ook die jaar waarin verskeie lande van regoor die wêreld in September hier in Suid-Afrika vergader om ons renosters te bespreek. Onder die vaandel van die Verenigde Nasies, ontmoet die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Flora en Fauna (beter bekend as CITES), vir die 17de keer; dit sal bekend staan as COP17. Tipies van interregerings-etikette word die meeste van ons vasgevang in net ’n paar woorde…

In hierdie geval, “Bedreigde Spesies”, en vergeet ons van die woord in die middel, “Handel”. Hierdie ooreenkoms is ’n handelsooreenkoms tussen lande wat bepaal in watter dele van wilde diere en plante in handel gedryf mag word asook in watter dele nie. In 2008 is daar net minder as ’n miljoen handelsooreenkomste gesluit… so dit is ’n groot geldmaker vir regerings regoor die wêreld.

Baie wat renosters besit of as bewaarders van ons renosters beskou word wil wettig handeldryf in renosterhoring omdat hulle voel dat ’n volhoubare kommoditeit ons renosters sal red. En baie wat renosters besit of as bewaarders van ons renosters beskou word voel dat wettige handel stropery sal laat toeneem, soveel so, dat dit sal lei tot die uitsterwing van wilde renosters.Dit is dus ’n baie omstrede kwessie en dit word aanvaar dat die wettiging van handel in renosterhoring later vanjaar in Johannesburg sterk bespreek gaan word.

Ons Departement van Omgewingsake het vir COP17 voorberei deur ’n span van 22 lede saam te stel om na die moontlikheid van handel te kyk, en hulle het vir ’n groot deel van 2015 agter geslote deure vergader. Hulle verslag is al maande terug verwag en gerugte wil dit hê dat daar koppe gestamp word oor die beste pad vorentoe. Verwag dus hewige debatvoering wanneer die verslag uiteindelik vrygestel word. Terwyl die hofsake en die CITES vergadering klaar vasgemaak is, is daar verskeie ander kwessies wat net so voorspelbaar is. Renosters sal steeds die slagoffers van stropery wees.

Die vraag na renosterhoring in Asië bly groei, ek het dit self gesien. Rehabilitasie sentrums sal aanhou toeneem om na renosterwesies om te sien. Staatsaanklaers sal voortduur met hulle onvermoeide verteenwoordiging van die wet. Privaat-renostereienaars sal die moeilike besluit moet maak om hulle waardevolle renosters op veilings te verkoop of om meer vir sekuriteit te betaal. Wildlewe-organisasies sal voortstry om fondse in te samel omdat mense vuisvoos is wanneer dit by renosterstroping kom. Veeartse sal douvoordag steeds oproepe kry om oorlewendes te behandel, en ons veldwagters regoor die land sal weereens hulle skoene vasmaak en die onbekende instap, vandag, môre en elke dag van 2016.

Maar ons moet nie moed verloor nie, ja, die oorlog duur voort, maar nou meer as ooit is dit binne ons hande om dinge in ’n ander rigting te stuur. Ons is nie bewus van die buitengewone mag wat binne elkeen van one lê om bewegings van stapel te stuur nie.

Sosiale media het ons dit gewys. Elke keer as ’n Suid-Afrikaner ’n “tweet” uitstuur, ’n artikel deel of ‘like’, plaas hulle hul stem by die oorlog. Ek kan nie genoeg benadruk hoe belangrik die teenwoordigheid van die publiek in hierdie saak is nie. Met konstante deelname op Twitter, Facebook en Instagram, voel ek die mag van my verantwoordelikheid in die voorste linies.

2015 was die jaar van #FeesMustFall en #Cecil. Hierdie twee sosiale media sake het wetgewing verander en politici aan die eise van die land se mense gehoor laat gee. So wie weet watter gebeure in 2016 die toekoms van ons renosters kan bepaal?

Lees meer oor ‘STROOP’ hier

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.