Stroperige pynappel-en-gemmer-poeding deur Vickie de Beer
Genoeg vir 6.

Stroperige pynappel-en-gemmer-poeding
Bestanddele
Sous:
- 50 g (60 ml) Selati Muscovado (of sagte bruinsuiker)
- 50 g (50 ml) botter
- 6 skywe vars pynappel, ±1 cm dik en in sirkels gesny wat so groot is soos die boom van die vormpie wat jy gaan gebruik, so ±7 cm
- 3 kaneelstokkies
Poedingbeslag
- 200 g (250 ml) sagte botter
- 125 ml (½ k) strooisuiker
- 4 eiers
- 5 ml (1 t) bakpoeier
- 60 ml (¼ k) gemaalde (fyn) amandels
- 125 ml (½ k) bruismeel
- 125 g versuikerde gemmer, ruweg in blokkies gesny
Metode
Voorverhit die oond tot 190 °C.
Sit 6 metaalvormpies met ’n deursnee van 7 cm en ’n diepte van 5 cm wat deeglik met botter gesmeer en liggies met meel bestrooi is, op ’n bakplaat wat met waspapier uitgevoer is en hou eenkant.
- Sit die pynappelsirkels in ’n oondvaste bak en strooi die bruinsuiker, botter en kaneelstokkies oor. Bak vir ±15 min. tot goudkleurig.
- Room die botter en suiker in ’n groot mengbak saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging. Die mengsel kan dalk lyk of dit besig is om te skei, maar hou net aan klits.
- Voeg die bakpoeier, amandels en meel by. Vou laastens die versuikerde gemmer by die beslag in.
- Sit ’n pynappelsirkel op die boom van elke vorm en skep die beslag versigtig bo-op en bak vir 35 min. tot goudbruin.

