kategorieë: Bekendes

Suid-Afrikaners ry diep spore by Le Tour de France

Vyf fietsryers van Afrika het aan die 104de Le Tour de France deelgeneem. Behalwe vir die afgelope 2 jaar, waar ses ryers deelgeneem het, is dit die meeste Afrikane wat al op een slag aan dié wêreldbekende (en uitmergelende) toer deelgeneem het. Slegs een ryer, Tsgabu Grmay, is van Ethiopië. Die ander vier is Suid-Afrikaners. Louis Meintjes (25), een van die Suid-Afrikaners, het genoem dat die vyf deelnemers nie sommer deelneem aan die toer om te bewys dat hulle kán nie. Elkeen is in sy eie reg ’n goeie atleet en mik om baie goed op die wêreldverhoog te vaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ken jy Le Tour de France? Hier is ’n vinnige opsomming sodat jy beter kan verstaan presies wat dié Suid-Afrikaners vanjaar vermag het. Die toer is die bekendste en een van die moeilikste padfietswedrenne in die wêreld. Die toer vind jaarliks in die maand van Julie plaas. Dit word gereken as die grootste jaarlikse sportbyeenkoms met meer as 10 miljoen toeskouers en ’n televisie-kykertal van 3.5 miljard wêreldwyd. Oor 23 dae en tydens 21 skofte (twee rusdae is vanjaar toegestaan), jaag van die wêreld se beste fietsryers deur Frankryk. In totaal word daar omtrent 3 500 km gery – die gemiddelde afstand is dus 167 km per dag. Dit is egter nie heeltemal die geval nie. Daar is korter skofte vir tyd- en spoedtoetse en dan heelwat langer afstande oor die ander dae. Alles vind boonop nie net op plat vlaktes plaas nie – groot dele van dié resies vind plaas in bergreekse. Dit is amper soos om vir drie weke elke dag ’n marathon te hardloop. Jy moet ’n baie sterk fietsryer wees om enigsins te kan kwalifiseer vir dié wedren.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe het ons ouens gevaar?

Jaco Venter (30) het verlede jaar (2016) die Suid-Afrikaanse padfietswedrenkampioenskappe gewen en hy het verlede jaar deelgeneem aan die Giro d’Italia (’n soortgelyke wedren in Italië). Vanjaar was sy eerste Le Tour de France en hy het algeheel 162ste gekom. Venter se spanmaat, Reinardt Janse van Rensburg (28), is die huidige SA-padfietskampioen. Hy het vanjaar vir die derde keer in ’n ry aan die toer deelgeneem en hy het algeheel 118de geeïndig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Daryl Impey (32) het vanjaar vir die vyfde keer aan die toer deelgeneem. In 2013 was hy die heel eerste Suid-Afrikaner wat die bekende geel trui gedra het – vir twee dae in ’n ry. Om die geeltrui te dra beteken jy is die algehele voorloper in die resies. Dié Olimpiese atleet het algeheel 47ste geeïndig in die 2017 Tour. Impey se span, Orica-Scott, is algeheel vyfde geplaas op die ranglys. Om ’n sterk spanposisie te hê beteken dat die span as ’n eenheid baie hard moes werk en dat elke fietsryer in die span goed moes vaar.

Louis Meintjes het vir die tweede keer in ’n ry tweede plek behaal in die jong-ryer kategorie (gekenmerk deur ’n wit trui). “Jong ryers” is fietsryers wat jonger as 26 jaar is. Die 24-jarige Simon Yates van Brittanje het vanjaar weggestap met die maillot blanc (sy tweelingbroer het dit verlede jaar gedra), en het algeheel in die sewende plek klaargemaak. Meintjes was slegs 2:06 minute agter Yates. Hou in gedagte dat Yates se algehele wedrentyd 80 uur 27 minute en 9 sekondes was. Die derde plek het gegaan aan Emanuel Buchman, met 27:07 minute na Yates. Meintjes het dus algeheel agste gekom by vanjaar se toer. Dit is merkwaardig vir enige atleet, om nie eers te praat van iemand wat so jonk is nie. Die gemiddelde ouderdom van wenners bereken oor meer as 100 jaar se data is 28. Die oudste jaer vanjaar was 42 en die jongste skaars 23. Met sy  8ste plek was Meintjes net 8:20 minute agter Chris Froome – die algehele wenner van die toer. Meintjes word beskou as ’n baie belowende jong atleet en sy teenstanders het hard gewerk om met hom mee te ding. Hy het in ’n onderhoud genoem dat hy droom om die toer te wen (en dit is duidelik dat hy hard werk aan hierdie droom). Soos hy nou vorder sal dit ons nie verbaas as sy droom binnekort bewaarheid word nie. Ons hou duim vas!

Dit is die moeite werd om hier ook Grmay (26) se prestasies te noem, al het hy net bande met Suid-Afrika. Vanjaar was sy tweede Le Tour de France en hy het van 92ste plek in 2016 beweeg na 72ste in 2017. Hy is ook die eerste Ethiopieër wat deelneem aan die toer.

Meintjes het die spyker op die kop geslaan toe hy noem dat Suid-Afrikaanse fietsryers nie net deelneem om gesig te wys nie, maar eerder om hulself as ernstige atlete te bewys.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.