Dit was die vierde Stormsterk-konsert wat Suidooster by die jaarlikse Suidoosterfees in Kaapstad aangebied het en dit was ook die afskop van die sepie se tiende verjaarsdagvieringe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Suidooster se hele permanente rolverdeling was deel van die uitverkoopte konsert, maar dit is deur ’n ensemblegroep bestaande uit Dean Smith (Wade), Natasha van der Merwe (Susan), Eden Classens (Justin), Jill Levenberg (Mymoena), Irvine van der Merwe (Nazeem), Simone Biscombe (Bianca), Craig Adriaanse (Gary), Jawaahier Petersen (Kaashifa) en Richard September (Bennie) gelei.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Foto: Gys Loubser
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
’n Hoogtepunt van die konsert was toe daar op Bianca (Simone Biscombe) se liefdeslewe gefokus is. Sy het oor die afgelope 10 jaar in Suidooster al 10 liefdesteleurstellings gehad. Tog blyk dit dat daar lig aan die einde van die tonnel vir haar is. Riaan (Daniel Coetzee), Siya (Gantane Kusch en Aiden (Theodore Jantjies) het op die verhoog, waar Bianca in ’n trourok gestaan het, verskyn en gesê dat sy in die nabye toekoms met een van hulle die knoop gaan deurhaak.
’n Verrassing by die konsert was Jawaahier Petersen se solovertoning van You are my sunshine wat gefokus het op Kaashifa se moederskap. Daar is duidelik gemaak dat Kaashifa binnekort na die sepie terugkeer en boonop is daar gesinspeel dat sy dalk met haar vervreemde man Rhafiek (Irshaad Ally) en babaseuntjie herenig kan word.
Nóg ’n nuwe liefde op Ruiterbosch se horison is dat Justin (Eden Classens) en Frankie (Mienke Ehlers) dalk ’n paartjie gaan word. Tydens die konsert in ’n gespottery oor Justin se liefdeslewe het Frankie op die verhoog gestrompel en is daar gesinspeel dat dié aantreklike blondine vir Justin se sjarme gaan val.
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.
Lees ook: Die Kwiksilwers is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!
Deur Karla Janse van Vuuren. Foto’s: Verskaf Het jy al ooit in die…
Hier is tien maniere wat vir ander mense werk om gouer en beter deur 'n…
Die seuns was altyd mal oor die pasteie wat die skool se snoepie verkoop het.…
Die jaarlikse Met-gala is ’n glansgeleentheid waar die wie’s-wie verskyn in interessante – soms pragtige…
Jotam Schoeman is die kunstenaar wat verantwoordelik is vir die uitstekende en treffende illustrasies in Die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.