Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Voer ’n 23 x 12 cm-broodpan met bakpapier uit. 2 Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. 3 Klop die jogurt, suiker, eiers, suurlemoenskil en vanielje saam in ’n ander bak. 4 Meng die droë bestanddele by die jogurtmengsel en meng goed. Voeg die olie by. Gooi die mengsel in die pan en bak vir 50-60 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. 5 Suurlemoenstroop: Smelt die suurlemoensap en suiker in ’n pan oor matige hitte. Hou eenkant. 6 Laat die koek vir 10 min. in die pan afkoel. Keer op ’n draadrakkie uit en gooi die suurlemoenstroop versigtig oor terwyl die koek nog warm is. Laat afkoel. 7 Suurlemoenversiersel: Meng die suiker en genoeg suurlemoensap sodat dit die tekstuur van heuning het. Gooi oor die afgekoelde koek. 8 Strooi die suurlemoenskilkrulle oor.