kategorieë: Leef gesondGesondheid

Is ek swanger? 6 self-sien tekens wat jou swangerskap kan laat vermoed

Is ek swanger? 6 self-sien tekens wat jou swangerskap kan laat vermoed deur Salomé Delport.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Swangerskaptoets is die sekerste manier om te weet of jy swanger is. Maar dit wys eers swangerskap op die vroegste twaalf dae na onbeskermde seks in jou vrugbare periode – amper twee weke later.  En die ander betroubare teken – dat jy een of twee maandstondes oorgeslaan het – neem ten minste vier weke langer.

Hoe gemaak as jy nie wil wag tot dan nie? Swangerskap op die regte tyd is té opwindend om lank te wag – en op die verkeerde tyd té angswekkend vir langer uithou. Hier is ses tekens wat baie vroeg kan verklap dat jy wel swanger is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ovulasie en vrugbaarheid

1 Die feite: jy het onbeskermde seks tydens jou vrugbare fase gehad

Die Standaarddae-metode wat deur Georgetown University Institute for Reproductive Health in Washington, DC, ontwikkel is en wêreldwyd gebruik word, is 88% akkuraat. Jy moet net weet wanneer die eerste dag van jou laaste menstruasiesiklus was om te kan uitwerk of jy sou kon swanger raak.

  • Van die eerste dag vandat jy menstrueer tot Dag 7: Jy is nie vrugbaar nie, en seks nou sal waarskynlik nie tot swangerskap lei nie.
  • Van Dag 8 tot Dag 19: Jy is vrugbaar. Seks nou kan tot swangerskap lei.
  • Dag 20 tot die eerste dag van jou menstruasie: Jy is nie vrugbaar nie, en seks nou sou jou waarskynlik nie swanger laat word het nie.

As jou siklus normaalweg 28-32  dae lank is en jy menstrueer nie teen Dag 32 nie, kan jy taamlik seker wees jy is swanger.

Lees ook: Menstruasie 101

2 Die koorspen sê jy is swanger

Hierdie een is baie betroubaar, maar moeilik om toe te pas. Jy het in die eerste plek ’n baie akkurate termometer nodig – een waarop jy maklik temperature soos 36.1°C kan lees. Dalk is jou slimhorlosie s’n akkuraat genoeg?

Jou temperatuur wissel deur die dag. En daarom moet jy vir swangerskapbepaling elke dag jou temperatuur neem voor jy opstaan. Jy moet ook iemand wees wat rekord hou (of jou slimhorlosie moet) van jou temperatuur, sodat jy weet hoe jou tipiese temperatuursiklus oor ten minste ’n maand lyk en só weet wat normaal is vir jou.

Die volgende wys hoe jou temperatuur verander tydens jou menstruele siklus.

  • Eerste dag van menstruasie tot 13de dag: Jou temperatuur styg stadig van 36,1°C tot 36.3°C (onder 36.4°C)
  • Dag van ovulasie: Jou temperatuur val skielik na 35.6°C – 36°C. Dit is ’n klein en skielike daling.
  • In die 24 uur na ovulasie: Jou temperatuur styg skielik skerp terug na 36.1°C.
  • Van die dag na ovulasie tot eerste dag van volgende menstruasie: Jou temperatuur styg geleidelik van 36.1°C tot 36.3°C
  • As jy tydens ovulasie swanger geraak het: Jou temperatuur styg na 36.6°C tot 37.1°C, en bly daar. Dit keer nie terug na onder 36.4°C nie.

Onthou, mense se basistemperatuur verskil effens. Joune kan dus van nature effens hoër of effens laer wees. Dit gaan eerder oor die verskille wat jy opmerk as oor die spesifieke temperatuur. Soos jy kan sien, is die temperatuurverandering soms so min as 0.1°C.

Lees ook: Swanger bo 40

3 Jou borste en tepels verander

Van rondom sewe dae na onbeskermde seks tydens jou vrugbare dae voel jou borste swaar en vol, en raak die areola rondom jou tepels donkerder.

Dié teken is nie akkuraat nie, aangesien jou tepels en borste in elk geval in die drie tot vyf dae voor menstruasie verander. Maar as jy op Dag 8 onbeskermde seks gehad het en teen Dag 15 – lank voor jou volgende menstruasie – teer borste het, kan jy wel begin wonder.

4 Jy voel naar … elke dag

Nege uit elke vroue tien wat nuut swanger is, voel of raak naar in die eerste paar maande, en ’n paar ongelukkiges moet dit die hele nege maande lank uithou.

Uit elke tien swanger vroue is vyf gelukkig net ligweg aangetas, drie voel en/of is taamlik naar, terwyl net een swanger vrou ernstig aangetas is. Vandag glo dokters dit kan geneties wees om verband hou met jou onvermoë om by jou veranderde hormoonstatus aan te pas.

Omtrent die helfte van vroue wat pas swanger is, voel naar in die week voor die datum waarop hulle sou begin menstrueer het as hulle nie swanger geraak het nie.

Naarheid twee weke na onbeskermde seks tydens jou vrugbare dae is taamlik verdag. Maar jy kan om baie ander redes naar voel. Swanger vroue is of voel egter tipies naar in die oggend wanneer hulle opstaan. Dit is ook baie tipies van swangerskapnaarheid dat sekere reuke en smake jou skielik naar laat voel, asof dit jou oorval.

Lees ook: Swaar menstruasie

5 Jy het skielik baie meer vaginale afskeiding as gewoonlik

Sodra jy swanger is, raak jou vaginale afskeiding baie meer. Dit raak ook dikker en die kleur wissel van wit na liggeel. Maar jy sal dit net kan evalueer as jy weet wat is normaal vir jou. (Om uit te vind hoe jou vaginale afskeiding lyk kan jy kyk na afskeiding in jou broekie, of deur jou skoongewaste voor- en wysvinger in die vagina taamlik diep in die vagina insteek om mukus te oes.)

Lees dit so:

  • Terwyl jy menstrueer: Jy sien niks nie aangesien menstruasiebloed dit verskuil
  • Die week na menstruasie: Niks, of baie min
  • Die aanloop tot ovulasie : Vaginale mukus is geel of wit. As jy jou twee vingers effens van mekaar weg beweeg “rek” die mukus voor dit breek
  • Tydens ovulasie: Die vaginale afskeiding is skielik helder deursigtig, soos rou eierwit
  • Na ovulasie: Jou vaginale mukus raak weer dikker en minder of verdwyn.
  • As jy swanger is: Tien tot twaalf dae na bevrugting raak dit duidelik meer. Dit is wit tot geel, en taaierig.

Die antwoord is so eenvoudig as om uit te werk of jy onbeskermde seks tydens jou vrugbare periode gehad het. Tel twaalf dae verder, en kyk wat jou vaginale afskeiding verklap. As daar min of niks is, is jy waarskynlik nie swanger nie. Baie afskeiding lyk baie positief vir swangerskap.

Lees ook: Velsorg en swangerskap

6 Jy moet skielik kort-kort ’n draai loop

Sodra jy swanger is begin jou organe harder werk om vir die nuwe lewetjie te sorg. Met swangerskap vermeerder jou bloed dadelik. Jou niere filtreer jou bloed, en skei dus meer vloeistof af, wat as uriene in jou blaas beland.

Die behoefte om kort-kort te urineer kan ook ’n teken van urienweg- of blaasinfeksie wees – dit word oor die algemeen sistitis genoem. Urinering weens ’n gesonde swangerskap is egter nooit pynlik nie.

Dus, as na onbeskermde seks tydens jou vurgbare periode skielik meer as gewoonlik badkamer toe hardloop het jy ’n teken wat jou twee keer kan laat dink.

Lees ook: Wat mans by ons oor seks wil weet

Ander tekens van swangerskap

Wat van al die ander tekens van swangerskap? Daar is maklik 40 tekens, sê dr Katie Foxcroft en dr. Joan Webster van die Royal Women’s Hospital in Brisbane, Australië. Hulle het ’n Inventaris van Tekens van Swangerskap opgestel.

Maar hoewel rondom die helfte van die vroue slegs die helfte van die simptome ervaar, is dit moeilik om vroeë simptome van swangerskap vas te pen.

Dit lyk asof moegheid, onrustige slaap, die behoefte om kort-kort te urineer en/of rugpyn by baie vroue taamlik vroeg begin. Verandering in die kleur van die areola en vaginale mukus begin ook taamlik vroeg. Maar ’n teken soos rugpyn is so algemeen dat dit nie noodwendig met swangerskap verband hou nie. Boonop is baie van die tekens by baie vroue afwesig en dus ook nie betroubaar as aanduiding van swangerskap nie.

Hier is 37 tekens wat deur Foxcroft en Webster aangeteken is, met die hoeveelheid vroue wat in hul ondersoek elkeen tekens ervaar het tussen hakies.

Die algemeenheid van ’n simptoom beteken nie dat vroue dit vroeg ervaar het nie. Maar dit is interessant om te sien hoeveel ander vroue dieselfde kwessies met jou deel.

  • Moegheid (87%)
  • Gereelde urinering (85%)
  • Swak slaapgehalte (62%)
  • Rugpyn (60%)
  • Verstrooidheid (55%)
  • Vaginale afskeiding verander (50%)
  • Hoofpyn (50%)
  • Helder drome (41%)
  • Tepelveranderings (39%)
  • Smaak- en reukveranderings (34%)
  • Voel naar (34%)
  • Kosgiere (37%)
  • Smaak- en reuksensitiwiteit (34%)
  • Hardlywigheid (33%)
  • Heuppyn (33%)
  • Droë mond (32%)
  • Borspyn (32%)
  • Beenkrampe (31%)
  • Rustelose bene (30%)
  • Kortasem (30%)
  • Sooibrand (29%)
  • Teer tepels (29%)
  • Duiseligheid (27%)
  • Aknee (26%)
  • Jeukerige vel (22%)
  • Depressie (22%)
  • Angs (20%)
  • Rekmerke (18%)
  • Raak naar (17%)
  • Spatare (17%)
  • Inkontinensie (16%)
  • Snork (14%)
  • Hartkloppings (10%)
  • Kandida (9%)
  • Chloasma (Swangerskapvlekke om oë) (6%)
  • Aambeie (6%)

Hooffoto: Cottonbro vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.