kategorieë: Ons menseBekendes

Tamaryn is eerste prinses by Mej. Heelal-kompetisie

Tamaryn is eerste prinses by Mej. Heelal-kompetisie verwerk deur Catherine Schenck. Hooffoto: Yolanda van der Stoep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tamaryn Green is gekroon as Eerste Prinses, terwyl Mej. Fillipyne, Catriona Gray, gekroon is as Mej. Heelal. Suid-Afrikaner Demi-Leigh Nel-Peters, Mej. Heelal 2017, het die kroon aan Gray oorhandig by die 67ste Mej. Heelal-kompetisie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Demi-Leigh Nel-Peters: Die mooiste in die heelal

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die 24-jarige Green, van die Paarl in die Wes-Kaap, het Suid-Afrika verteenwoordig teen 93 ander deelnemers in hierdie kompetisie. Green was een van die gunstelinge in die oploop tot die finale ronde van die Mej. Heelal-kompetisie.

Lees ook: Mej. SA 2018

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tamaryn vertel ons waarna sy uitsien by die Mej. Heelal-kompetisie

Green het na die tyd die volgende gesê van haar ervaring as deelnemer by die Mej. Heelal-skoonheidskompetisie: “Die Mej. Heelal-ervaring het verby my wildste verwagtinge gestrek en ek is verheug dat ek só ver gekom het. Veels geluk aan Catriona. Al die deelnemers was wonderlik – ek weet ek lewenslange vriendinne gemaak. Dit was werklik ’n reis van die susterskap. Thailand is ’n fantastiese land met vriendelike mense wat ons almal welkom laat voel het. Ons het hard gewerk, maar dit wat ons terug gekry het is van onskatbare waarde. Die ondersteuning wat ek gekry het, het my regtig aangespoor om my beste te doen. Baie dankie aan almal tuis wat my ondersteun het.”

Toe Tamaryn die Mej. SA-titel gewen het in Mei vanjaar, was sy ’n finalejaar mediese student by die Universiteit Kaapstad. Sy wil graag spesialiseer in pediatrie sodra sy gekwalifiseer is.

Tussendeur het sy aangehou om haar #BreakTheStigma-veldtog te bemark by die Mej. Heelal-kompetisie waar sy sukses behaal het met haar bewusmakingspogings oor TB. Sy het ook in September New York toe gereis waar sy ’n spreekbeurt by die heel eerste VN Algemene vergadering oor tuberkulose gehad het. Sy is ook genooi om by die Unie-konferensie oor Longsiektes in Den Haag te praat, waar sy vertel het van haar persoonlike ervaring en stryd met TB.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.