kategorieë: Bekendes

Tannie Evita vir president

Op 17 Oktober 2008 is ’n blinknuwe party in Kaapstad gestig: Evita’s People’s Party. Ingehaak by hoofmeisie, Evita Bezuidenhout, staan die burgemeester van Kaapstad, Helen Zille. Laggend. Want, vertel Evita, háár party is g’n politieke party nie. Daar is immers al te veel ge-party in ons land. Dis nou hoog tyd dat ons beginne werk. Sáámwerk. En dis presies die visie van EPP: ’n politieke beweging wat kiesers wil opvoed oor stemreg, en die grondwet met mening wil beskerm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op die trappe van die parlement staan tannie Evita. Kaktus omhoog verklaar sy haar hakskoene-aan-handskoene-af-beleid. Genugtig! Vir ’n kaalvoetmeisie uit die Vrystaat het sy ’n ver ent gekom en in 2000 glad die Living Legacy Award in San Diego verower. Lank vergete is die sorgelose kinderjare toe sy nog Evangelie Poggenpoel geheet het … Ná dertig jaar van politiek en polemiek, is ons tante steeds die ene passie, prag en praal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tannie is kwaai daaroor dat ons almal in die komende verkiesing móét stem. It’s the only one we’ve got. Dit klink mos nes ’n red-die-robbe-slagspreuk. Waarom dié dringendheid?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons het net één demokrasie. Daar is nie nog een in die kas vir ingeval nie. Daar is dramatiese, nuwe moontlikhede in die uiteindelike opposisie tot die regering – en nie “wit” opposisie tot “swart” regering nie. Elke stem tel. Mense wat nie betrokke wil wees nie, moet aan hul kinders dink. As ons nie stem en die demokrasie sterk hou nie, sal dit verdwyn. Dan moet mense nie kerm as Julius Malema minister word nie!

Mense moet besef húlle is die fokus van demokrasie, nie die politici nie. Ons sit nog met die ou geloof dat regering heilig is; dat ons moet kniel voor die altaar van gesag. Hulle werk vir ons. Ons werk nie vir hulle nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tannie sê demokrasie is ’n brak wat homself gereeld moet skud om van die vlooie ontslae te raak. Wie of wat is tans ons land se Alfa Vlooi wat moet waai?

Die ANC se vlooie het nou nuwe baadjies en cope met ander vlaggies in die hand. Jacob Zuma is ’n probleem. Om ’n vorige president met ’n graad in ekonomie en ’n visie van African Renaissance te verruil vir ’n toekomstige president met standerd drie en ’n masjiengeweer in sy lied? Mshowerlozi is nie ’n ideale leier nie. Hy het te veel lyfwagte wat herinner aan Amin; te veel blou flitsende ligte soos Bush en Clinton. En Peter Marais terug op die hond se boud? Siestog. Spuit COPE met Doom voor dit te laat is!

Is African Renaissance ’n soort sigaar, of is hier regtig herlewing op ons vasteland?

Thabo Mbeki was so slim met alles: Nepad, African Union, African Renaissance, quiet diplomacy … Ons was beïndruk deur sy visie oor die moontlikhede in Afrika. Helaas, dit was maar winkelpoppe in die venster van verbeelding. Alles wat hy aangeraak het, het verfrommel. In my oë beteken Afrika Renaissance dat ons elkeen ons hoop en vertroue moet herskep. Só kan optimisme die voortou neem.

Tannie skinder glo dat Mosioua Lekota destyds nie ’n danige Minister van Oorlog was nie. (Sy skepe was te duur, sy vegvliegtuie oorbodig.) Wat is Tannie se gevoel oor dié wegbreekindoena?

Ek moet leer om Terror op sy regte naam te noem. Ek’t hom laas week weer by die lughawe gesien, gewaai en geroep: “Terror?” Almal het na die uitgange gevlug! COPE kom op die regte tyd, maar sal soos alle partye moet staatmaak op steun. Manifestos is belangrik, maar logika en reguitpraat is steeds koning.

Tannie se internasionaal beroemde bobotieresep spog met ’n slagspreuk wat die basis vir versoening vorm: sit, eet en praat. Waaroor moet ons land se mense praat?

Ons praat nog te veel oor sport en Steve Hofmeyr. Zimbabwe kwyn op ons grens en ons bly stil. Miljoene armes is steeds in die wildernis van stilte. Miskien praat ons te veel. Ons moet begin luister. Spesifiek na die kinders. Wat wil hulle hê?

Darling Trust is in 2003 gestig. Die plan is om g’n aalmoese uit te deel nie, maar die Swartlanders te help om hulself te help. Hoe vermag julle dit?

By Darling Trust (www.thedarlingtrust.org) kan ons nie duisend mense se drome laat waar word nie, maar een op ’n slag. Kyk na Barack Obama. Daar was ’n moeder en ’n ouma wat ’n kind laat glo het sy droom kan waar word. En dit het. Een kind, een droom, een wêreld.

Darling: one man and the nation that divided him, het internasionale toekennings ingeryg teen die spoed wat die manne koeksisters by die basaar verorber. Verklap meer oor dié beroemde vertoning.

Ek het daardie film nog nie gesien nie. Ek, as Afrikanervrou, het maar min met hierdie vigs-ding te doen. Maar my seun De Kock sê: “Vigs is totaal demokraties. Dit kies nie kant nie.” Nou moet ek met my kleinkinders oor daardie ding genaamd s-e-k-s praat. Sies!

Doer in julle kontrei hou ene Pieter-Dirk Uys gratis MIV/vigs vertonings by hoër-skole. Sy twintig toneelstukke, dertig revues en kabarette (met titels soos You ANC Nothing Yet, Live from Boerassic Park, Dekaffirnated en Pieter-Dirk Eish), verower die gehore. Hy het ook stringe universiteitsgrade en ’n glimlag wat die knieë laat klap. Het Tante ooghare vir dié talentvolle man? Dalk selfs ’n ogie op hom, hmm …?

Belaglike vraag! Ook inligting wat hy seker uit sy duim gesuig het. Liewe aarde, ons moes hom destyds opgesluit het, maar hy is vryheid van spraak gegun. En wat het hy gedoen? Vir ons bevloek en beledig. Hy boots my net na om my vet en oud te laat lyk.

Julie word die sesde jaarlikse Voorkamer-fest op Darling gehou. Gee ’n voorsmakie.

Dis iets wonderbaarliks. Jy klim in ’n lokasie-taxi, gaan na drie huise in ons gemeenskap en daar sien jy drie vertonings uit die hoogste rakke. Jy leer die mense ken. Jy vier versoening en optimisme. Maar bespreek tog gou, want dis altyd vol. Eerste naweek in September, hoor?

Tannie is al vir dekades ’n modeleier op die gebied van pofmoutjies, hooftooisels en blink gewade. Wie pleeg al dié uitrustings?

My groot vriend en mentor Chris Levin het altyd vir my gesorg en gee steeds raad. Hy sê: “Less is more, but if you have it, flaunt it!” Errol Arendz is ook een van my verplegers, asook Francois Vedemme. Marianne Fassler speel soms met my – ek lyk 25 jaar oud in haar oulike, mal rokke. Jacob Zuma wil hê ek moet ’n koeivel dra, maar nee dankie. Ek is nog nie sy sewende vrou nie!

Vir ’n vrou in haar sewentigerjare (nou 80) het jy darem baie oemf. Skryf boeke en verskyn op televisie in Dinner with the President. En by Evita se Perron op Darling word gehore steeds betower deur Tannie Evita Praat Kaktus. Is aftrede ’n opsie?

Aftree is vir mense sonder verbeelding. Hoekom moet ’n onderwyser stop by 55 of 60? Dis hul beste jare. Laat mense kies of hulle wil aftree. Ek kyk vir Madiba, Tutu – al die inspirasies om my wat ouderdom as sambreel gebruik, nie as verskoning nie.

Gogo Evita, spog ’n bietjie met jou kleinkinders, agge toe.

Dis die dierbaarste drie swart kabouters, die appels van my oog. Ek kan hulle net nie in die donker sien nie. As Eskom vir ons bedonker, moet hulle net stilstaan en glimlag. Dan sien ek die wit tandjies en weet waar hulle is!

Wat is jou oomblikke van grootste glorie?

Toe Nelson Mandela uit die tronk stap en sê: “Tannie Evita, gee my dadelik ’n koeksister!” Ook die geboorte van die kinders. En die einde van die vreeslikheid van ons slegte politiek. Die stigtingvan EPP. Miskien elke oggend as ek opstaan en besef hoe gelukkig ek is. Ja, ek is ’n Afrikaan!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.