kategorieë: Ons menseBekendes

Tasché Burger, eerste vrou én jongste wenner van The Voice SA

Tasché Burger, eerste vrou én jongste wenner van The Voice SA – Deur Zoë Salzwedel. Foto’s: Verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tasché Burger is gisteraand aangewys as die derde wenner van M-Net se The Voice SA-reeks in die Mosaïek Teater in Fairland, Johannesburg. En dít skaars ʼn week na haar 19de verjaarsdag.

Lees ook: Ontmoet The Voice SA se jong Tasché Burger

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tasché sing reeds van kindsbeen af en wou nog altyd vir The Voice inskryf. Nadat sy verlede jaar gematrikuleer het, het sy sanglesse begin neem en deeltyds as kelnerin gewerk. Toe sy 18 word – die ouderdomsperk vir inskrywings – het sy besluit om haar droom na te jaag en vir The Voice SA in te skryf.

Vir haar oudisie het Tasché Koos Kombuise se “Lisa Se Klavier” gesing. Haar unieke stem en spesiale weergawe van dié gewilde liedjie het verseker dat al vier die mentors – Ricky Rick, LIRA, Riana Nel en Francois Van Coke – hulle stoele vir haar gedraai het.

Met ’n “four chair turn” moes Tasché ʼn moeilike besluit neem: Wie gaan sy kies om as haar mentor vir The Voice SA op te tree?

Die besluit het die potensiaal gehad om haar lewe vir altyd te verander, en met ’n ateljee-gehoor wat almal saam “Francois! Francois! Francois!” gedreunsing het, het Tasché die Afrikaanse rocker, Francois van Coke, gekies. En só was sy die tweede lid in #TeamVanCoke!

Kyk gerus hier na Tasché se oudisie:

Met hope talent, passie en haar ooglopende liefde vir musiek het Tasché diep in die harte van miljoene Suid-Afrikaners ingekruip. Volgens Kaye-Ann Williams, die hoof van plaaslike produksies by M-Net, was daar tydens vanjaar se seisoen ’n rekordgetal van byna 10 miljoen stemme. Volgens Williams was Tasché dwarsdeur die reeks ʼn groot gunsteling onder aanhangers. Williams het ook gesê dat die verskil in stemme tussen die tweede plek (Soné Joubert) en derde plek (Siki Jo-An) “baie klein” was.

Tasché besef dat haar lewe nou heel waarskynlik handomkeer gaan verander, maar sy sien uit na die avontuur. Sy is opgewonde daaroor om haar musiek met aanhangers te deel, en hoop om haarself oor 5 jaar as ’n gevestigde kunstenaar te sien wat ’n verskil maak in ander se lewens. “Solank ek net kan sing, is ek gelukkig.”

Op die vraag hoe sy voel oor haar nuwe titel as eerste vroulike wenner – en boonop die jongste wenner nóg – is haar antwoord: “Ek weet self nie hoe om te voel of wat om te sê nie. Ek voel amazing. Ek is so dankbaar! Ek het hiernatoe gekom vir ’n platform en toe wen ek die ding. Ek weet nie hoe om te voel nie, maar dis amazing.”

Tasché sien ook uit daarna om in Afrikaans te sing. “Dis my moedertaal, maar ek sal graag enige iets waarmee ek connect, wil sing.” Van een ding is sy wel baie seker, en dis dat sy beslis in die country-rock genre wil sing.

Die Top 5 van die derde seisoen van MNet se The Voice SA was:

Eon Le Roux (#TeamRicky)
Die PJ Twins – Peter en John (#TeamLira)
Siki Jo-An (#TeamRiana)
Soné Joubert (#TeamRiana)
Tasché Burger (#TeamVanCoke)

Op die ou einde het die vroue gedomineer met Siki Jo-An, Soné en Tasché wat aangewys is as die top 3-deelnemers.

Een van Tasché se pryse is ʼn splinternuwe Toyota RAV4. Sy het nog nie ʼn rybewys nie, maar beloof om dit te kry sodra sy terug is in die Kaap. “My ma karring al lank aan my daaroor,” spot sy.

Haar ander pryse sluit Telkom– en Huawei-produkte in, Truworths klere-geskenkbewyse ter waarde van R100 000 en ’n platekontrak deur Universal Music South Africa.

Rochelle Barnes van Universal  Music South Africa het ook aangekondig dat hulle beoog om kontrakte te sluit met Soné en Siki Jo-An.

Die finale van die The Voice SA se derde seisoen sal vanaand op VUZU (Kanaal 116) om 20:00 heruitgesaai word, en is ook beskikbaar op DStv CatchUp.

Loer hier na Tasché se spesiale boodskap aan al ons lesers!

Wat dink jy van ons nuwe The Voice SA-wenner, Tasché?

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.