kategorieë: Gesondheid

TB: Beskerm jouself en jou kind

Wat jy kan doen om jou kind – en jouself teen TB te beskerm

Dr Dalene von Delft van TB Proof (www.tbproof.co.za) sê dat ons almal ons TB risiko bewustelik moet evalueer en bestuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat kan jy doen?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Raaimeet jou risiko
Jou kind – en jy – kan TB net aansteek van iemand met TB. Probeer dus uitwerk of jul kontakte siek is – mense wat chronies en sonder ander redes soos bronchitis hoes, skraal is of gewig verloor het en moeg voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kyk veral na crèche-personeel, onderwysers, tuisversorgers, huishulpe en mense by wie hulle een-een ekstra klas loop of terapie kry. Enige volwassene of kind wat twee weke of langer sonder goeie rede hoes moet vir TB getoets word.

2 Maak die vensters oop
Ja, dit is winter maar die feit van die saak is dat die TB-kiem glad nie in koue en son kan oorleef nie. As jy of jou kind bus, taxi of trein ry sit by ‘n venster en maak dit ten minste op ‘n skreef oop. Klaskamers behoort een of twee oop vensters te hê, sodat ‘n luggie kan deurtrek. Die internasionale riglyn is twaalf lugroeringe per uur – met ander woorde ‘n ligte briesie wat elke vyf minute stoot suiwer die lug. Die UV-lig in son is net so goed om ‘n vertrek te ontsmet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Dra ’n masker
In China word kinders van jongs af geleer om maskertjies aan te trek wanneer hulle in die openbaar uitgaan, soos wat ons ons kinders leer dat alle soet kinders hul hande was. Maar sal óns maskers dra? Seker nie. Nogtans, as jou kind of jy in ‘n hoërisiko omgewing moet wees is ‘n masker ‘n goeie plan.

4 Bestuur mense met potensiële TB korrek
As jou kind – of jy – in die werkplek bloot gestel is sê TB Proof dat mense met aktiewe TB nié saam met ander mense gehanteer moet word nie maar geïsoleer moet word in ‘n area met goeie ventilasie en baie sonlig, terwyl die mense wat met hulle werk toegerus moet word met ‘n N95 masker. Maak seker dat jou kind hierdie basiese beroepsbeskerming het.

5 Dalk nog ’n plan?
Dr Robert Wilkinson van UCT het onlangs vasgestel dat daar ‘n verband is tussen vitamien D-vlakke en die voorkoms van TB in Suid-Afrika is. Vermoedelik kan ‘n paar minute in die son en/of vitamien D-aanvulling jou weerstand teen TB opstoot.

14 feite oor TB

1 Daar is verskillende soorte TBs
• TB, wat reageer op medikasie. Geneeskoers 95%
• MDR TB (multi drug-resistant tuberculosis) wat nie reageer op die twee doeltreffendste TB-medikasies nie
• XDR TB (extensively drug-resistant tuberculosis) wat nie reageer op drie tot tien van die TB-medikasies nie
• Latente TB wat beteken dat jy die TB-kiem reeds in jou longe dra, vanwaar dit kan toeslaan wanneer jou gestel af is. Agt uit elke tien van ons het reeds latente TB.

2 TB kan enige orgaan aantas, soos die brein, ore en eierstokke

3 Jy kan nie TB aansteek van mense met latente TB nie

4 Jy kan net TB aansteek van iemand wat die kiem uithoes

5 Jy kan nie TB aansteek van mens e met TB in hul organe nie, omdat die kiem net deur hoes oorgedra word.

6 Jy kan nie TB aansteek van TB-lyers na hulle ‘n voldoende tyd op medikasie is nie.

7 Kontak met mense met gewone TB is na twee weke op medikasie veilig.

8 Mense met MDR-TB is veilig na twee negatiewe laboratoriumtoetsings, gewoonlik na tien weke as die mens dadelik goed reageer op die medikasie.

9 Ook mense met XDR-TB is veilig na twee negatiewe laboratoriumtoetsings, en mits hul simptome duidelik verdwyn het.

10 Toetsing is gratis by alle munisipale klinieke.

11 As daar ‘n geval in ‘n skool is kan die skool die staat versoek om alle kinders wat in kontak is met die leerder te kom toets, soos sy klasmaats en gesinslede.

12 Jy kan ook jou dokter vra om jou te toets. Dit is nie gratis nie.

13 Almal met TB kom op die staat se TB register

14 Mense met vigs word voorkomende vir TB behandel, al het hulle nie TB nie

*Lees meer oor TB in die Augustus 2014-uitgawe van rooi rose

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.