kategorieë: Gesondheid

TB: Nuwe feite waarvan jy moet weet

As jy steeds die feite wat twintig jaar gelede oor TB gegeld het glo, is jy ’n maklike teiken vir ’n werklik gevaarlike siekte wat vandag in nuwe, dodelike vorms in ons werk- en skoolomgewings leef. Hier is die nuwe werklikhede:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Jou jong, sterk gestel beskerm jou nié
Die verouderde benadering is dat jong mense wat gesond eet en redelik fiks is van nature teen TB bestand is. Vandag weet ons dat jou risiko hang af van hoeveel keer jy bloot gestel word en die omstandighede waarin jy bloot gestel is. As jy dag in dag uit die dokter of verpleegsters of spraakterapeut of onderwyseres is wat in noue kontak met siekes is is die risiko vir aansteek baie groot.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Dit is ’n siekte van die rykes ook
Dit is lankal nie meer ‘n siekte van armes nie. Elf kleintjies by die peperduur Curro Privaatskool in Hermanus is November verlede jaar met tuberkulose gediagnoseer – vier met aktiewe tuberkulose en sewe met latente tuberkulose. Hulle het dit by hul juffrou aangesteek – ‘n jong, wit onderwyseres.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy was toe reeds nege maande aan die hoes en is van dokter tot dokter wat haar op van antibiotika tot asmapompies gehad het. Sy is met die grootste toeval deur ‘n staatsklinieksuster getoets.

As sy armer was en op staatsklinieke vir haar mediese sorg aangewese was, was sy lankal getoets. Maar weens haar hoër sosio-ekonomiese status is TB nie eers oorweeg nie. Die werklikheid waarmee ons nou saamleef is dat ons almal oral bloot gestel is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Jy kan MDR-TB en XDR-TB direk kan aansteek
Is jy houtgerus oor MDR-TB en XDR-TB, want dit ontwikkel by mense wat gewone TB afskeep en nie hul medikasie getrou gebruik nie? Die teenoorgestelde is waar. Drié uit elke vier mense met MDR-TB (74%) het dit as primêre siekte opgedoen, volgens die WGO. Hulle het nóóit gewone TB gehad nie maar MDR-TB direk van iemand aangesteek.

4 TB en vigs gaan nié noodwendig saam nie
Die persepsie is dat TB eintlik mense met HIV tref. Dit is ook nie waar nie. Van die 500 000 mense met TB in ons land het 330 000 ook HIV-vigs terwyl ‘n allemintige 170 000 nie HIV-positief is nie.

Nog ’n feit wat wys dat TB nie ‘n vigssiekte is nie: TB het skielik in Japan onder die bejaarde bevolking toegeneem. Die rede? Hulle is as kinders met die TB-kiem geïnfekteer en nou dat hulle bejaard is en hul immuniteit afneem slaan die bakterieë toe.

5 Dit is doodmaklik om TB aan te steek
Die skrikwekkende is dat jy vigs net met aktiewe betrokkenheid deur seks en bloedkontak soos met naalde opdoen. Jy kan egter TB aansteek van ‘n sieke wat net naby jou hoes. En ja, jy kan dit van jou kollegas en klasmaats aansteek. Enige area met toe vensters waarin ‘n klomp mense byeen is en hoes is ‘n risiko – busse, treine, teaters, winkelsentrums …

En daar is so baie van wie jy kan aansteek: van die een uit elke vier mynwerkers met TB (239 per 1000 of 42 000 mense). Of van die 15 000 mense met MDR-TB of die 500-1000 mense met XDR-TB. Vermoedelik is daar baie meer mense met laasgenoemde tipes TB wat nie opgespoor word nie.

6 Genesing is nié vanselfsprekend nie
Hoewel 95% van mense met TB genees – waarskynlik waarom ons so houtgerus is – lyk sake báie anders vir weerstandige TBs. MDR-TB hervat by 50% van lyers binne twee jaar, terwyl 73% van die met XDR-TB binne vyf jaar na diagnose dood is.

7 XDR-TB word riskant bestuur
Tussen 300 en 500 mense met aktiewe, ongeneesbare XDR-TB word per jaar uit TB-hospitale ontslaan, wys ‘n ondersoek deur prof. Keertan Dheda van die Universiteit van Kaapstad.

Die rede? Daar is ’n tekort aan beddens. Mense wat na twee jaar in die hospitaal nie gesond is nie word ontslaan aangesien daar niks meer vir hulle gedoen kan word nie, om so plek te maak vir mense wat wel reageer.

Dus: diegene met die heelergste vorm van TB wat op geen middels reageer nie word bloot ontslaan. En nie na ’n veilige heenkome nie maar direk in die gemeenskap. Hulle oorleef gemiddeld twee tot vier jaar en steek hul kontakte aan met hierdie besonder weerstandige TB. Volgens ons Departement van Gesondheid kan elke TB-lyer wat infektief is 10-15 mense per jaar infekteer. Van twintig tot sestig mense kan XDR-TB by elke één lyer aansteek – of van 6000 tot 30 000 mense in een jaar, as mens die syfers toepas.

8 Die vaksien doen nie wat ons dink nie
Ons dink dat die BCG-inenting wat alle babas in ons land by geboorte ontvang ons lewenslank teen TB beskerm. Die waarheid is dat dit kinders tot op ses net teen meningale tuberkulose (TB van die brein) beskerm. Daar is in werklikheid geen vaksien wat jou teen TB kan beskerm nie. Al oplossing is medikasie, mits jy gewone TB het.

*Lees meer oor TB in die Augustus 2014-uitgawe van rooi rose

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.