Tee & Taai Toffies Episode 19: Madelein Rust, mishandelde dogters en raad vir kankerlyers

Tee & Taai Toffies Episode 19: Madelein Rust, mishandelde dogters en raad vir kankerlyers deur Ilse Salzwedel. Foto van Madelein Rust: Alet Pretorius/LAPA

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Ilse Salzwedel is ’n bekroonde joernalis en aanbieder.
Madelein Rust. Foto: Alet Pretorius/LAPA

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tee & Taai Toffies Episode 19: Madelein Rust, mishandelde dogters en raad vir kankerlyers

Vandeesweek se #TeeEnTaaiToffies -gesprek is met die skrywer Madelein Rust. Drie dae na ons gesprek is Madelein weer met kanker gediagnoseer.

Sy skryf: Toe ek my boek Kanker Schmanker! geskryf het, was my borskanker in remissie. Ek het vertel van die pad wat ek geloop het en advies uitgedeel. Ek het ook gesê ek weet kanker kan my weer tref en dat ek nie bang is nie. En nou het dit. Ek is drie weke gelede gediagnoseer met beenkanker. Kanker schmanker, man! Dis ’n wonderlike bevestiging van my mening dat mens se siel onaangeraak kan bly deur tragedie van enige aard – tensy jy dit toelaat. Voer jy die swart hond, of voer jy die wit hond? Die wit hond loop aan my sy. En ek kan nie sien dat ’n dier honger ly nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ’n uittreksel uit Madelein se boek, Kanker Schmanker!

Die bekroonde spanningsverhaalskrywer Madelein Rust gesels openhartig (en met humor) oor haar stryd teen borskanker en haar skryfwerk. En as jy iemand ken wat in haar verhouding of huwelik mishandel word, maak seker hulle luister na hierdie episode, want Madeleine en Ilse gee raad vir ‘n leser wat haar dogter uit so ‘n verhouding wil help ontsnap. Hulle gee ook lekker praktiese raad oor hoe om ‘n kankerlyer by te staan, en wat om te doen omtrent depressie.

Meer oor Tee  & Taai Toffies

Bekendes soos Ruda Landman, Cindy Swanepoel, Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Lindie Strydom en Werner Joubert gesels elke tweede week openhartig met bekroonde joernalis en radio-aanbieder Ilse Salzwedel oor hul doen en late en lief en leed. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul verhoudings- en lewensprobleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel maar! Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor.

’n Nuwe episode word elke tweede week vrygestel word op Woensdae om 09h00.

Luister sommer hier na ons vorige episodes:

Het jy geweet?

Ons het hierdie seisoen 3 podsendings waarna jy kan luister!

Buiten Tee & Taai Toffies, het ons die volgende podsendings:

Meer oor Tussen Ons

In die eerste seisoen gesels ons spesialis-joernalis, Mariette Snyman, elke week met verskeie kenners soos, dr. Jireh Serfontein, dr. Elna Rudolph en dr. Melodie de Jager oor vroue se hartsake, seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings. As jy al ooit enige vrae gehad het oor sensitiewe onderwerpe soos pynlike seks, erektiele disfunksie, kontrasepsie, libido, seks en die menopouse, en seksuele etiket, is hierdie reeks vir jou.

Luister hier na Tussen Ons

Botox, Barbies en Bietse

In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Gedurende die 16 episodes gaan jy elke week saam met haar lag en ’n bietjie huil. En dalk jou vrouwees herontdek … Jy sal dit nie wil misloop nie!

Luister hier na Botox, Barbies en Bietse

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.