kategorieë: GrimeringSkoonheid

Ons gunsteling-haar- en grimeervoorkomste by vanjaar se Oscars

Ons gunsteling-haar- en grimeervoorkomste by vanjaar se Oscars deur Justine Kroes. Hooffoto: Shutterstock/Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Netjiese kantpaadjie

Vanjaar het meeste van die sterre op die rooi tapyt ‘n diep kantpaadjie gekies. Ons hou veral van hoe Charlize Theron, Brie Larson en Margot Robbie dit gedra het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Die mooiste mode-voorkomste vir die 2020-Oscars

Charlize Theron

Charlize lyk elegant maar steeds modern met haar netjiese kantpaadjie en sagte rokerige ooggrimering –  die perfekte kombinasie by haar elegante Dior-skepping.

Lees ook: Die lekkerste maskers wat jy voor Valentynsdag moet probeer

Brie Larson

Brie Larson lyk jeugdig, vars en gesond. Die eenvoudige kantpaadjie beklemtoon die eenvoudige, stylvolle grimering. Sy lyk sag, natuurlik en glansend gesond (kyk net daardie mooi wenkbroue!)

Lees ook: Chanelle de Jager gee haar beste raad vir krulhare

Margot Robbie

Nog ‘n kantpaadjie wat smeul met golwende lokke. Het jy geweet donker haarwortels wat ‘n bietjie uitgegroei het, is nou mode? Margot Robbie kry dit presies reg, en die rooi lipkleur hierby lyk fantasties.

Lees ook: Drie grimeerkunstenaars verklap hul sakpas-geheime

Ons gunsteling-haar- en grimeervoorkomste by vanjaar se Oscars

Haarbykomstighede

Haarbykomstighede se dae is nog nie verby nie – Scarlett Johansson, Lucy Boynton en Saoirse Ronan het elkeen ‘n unieke manier gekies om hul haaraksente op die rooi tapyt te dra.

Lees ook: Raad hoe jy die mooiste grys hare kan kry en onderhou

Lucy Boynton

Lucy lyk Coco Chanel-sjiek met haar pêrelhaaraksente wat op haar kantpaadjie geplak is. Haar grimeerkunstenaar het dramatiese oë en lippe gekombineer en ons dink dit is modern en so stylvol. Haar boonste en onderste wimpers word beklemtoon met vol rooi lippe in Chanel se bekende Rouge Allure Camelia Rouge-skakering.

Lees ook: Dis hoekom jy ’n eenvoudige velsorgroetine kort

Scarlett Johansson

Scarlett dra ‘n sagte styl wat veral mooi om haar gesig val. Die hare agter is opgesteek en met ‘n dun silwer toutjie vasgemaak (klik regs op die foto), amper soortgelyk aan dié voor op haar rok. Perfekte  sjampanje skakerings beklemtoon haar oë.

Lees ook: Ons wys jou hoe om vas te stel watter tipe vel jy het

Saoirse Ronan

Saoirse se haarstilis het op die dag van die Oscars vir haar ‘n nuwe kuif geknip – en dit pas prentjiemooi by haar gesigvorm. Die insekknippie wat aan die kant vasgesteek is, is beslis een van ons gunsteling-haarbykomstighede op die rooi tapyt. Saoirse se hare is lyk asof dit moeiteloos opgesteek is – soos ‘n styl wat ons almal tuis kan probeer!

Die lila oogskadu lyk dromerig en word beklemtoon deur die soortgelyke skakerings op haar rok.

Lees ook: Hoe om ontslae te raak van ’n vel-babelas

Tydlose elegansie

Daar is maar net iets aan ‘n ouwêreldse Hollywood- voorkoms wat tydloos sal bly, en ook ons glansharte so laat bons!

Lily Aldridge

Lily se middelpaadjie, glansende golwe, rooi lippe en perfekte wenkbroue is die presiese resep vir daardie ouwêreldse glans!

Rebel Wilson

Rebel lyk vroulik en elegant in haar goue Jason Wu- skepping, golwende hare en natuurlik die ikoniese rooi lippe. Hierdie klassieke Hollywood-glansvoorkoms is iets nuuts vir Rebel, en ons hou van die  selfvertroue waarmee sy dit dra!

Negatiewe spasie-naels

Hollywood-sterre eksperimenteer steeds met unieke manikure op die rooi tapyt, en negatiewe spasie-naels in donker skakerings is steeds groot nuus.

Zazie Beetz dra dit so:

Lucy Boynton dra dit so:

Margaret Qualley dra dit so:

Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus assistent-skoonheidsredakteur  en stilis Justine Kroes  en skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.