kategorieë: OuerskapJou lewe

Tegnologie in skole: seën of vloek?

Versorg deur Mariette Snyman. Foto: pexels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tegnologie word oral aangewend, ook in die onderrigsektor. Goeie skole en universiteite gebruik dit toenemend om leeruitkomste doeltreffender te maak, maar daar is ook gevare soos ’n gebrek aan sosiale en samewerkingsvaardighede by leerders, die gerieflikheidsfaktor vir onderwysers en dosente, en die verslawingsaspek by leerders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Veral op skool – daar waar lewenslange leergewoontes gevestig word of verlore gaan – moet skerms nooit onderwysers vervang nie. So sê Aaron Koopman, programhoof: Fakulteit van Handel by The Independent Institute of Education, Suid-Afrika se grootste private hoër-onderwysverskaffer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is Koopman se wenke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sosiale en samewerkingsvaardighede

“Samewerking en spanwerk is universele bevoegdhede gebaseer op leerders se vermoë om met ander saam te span om ’n sekere uitkoms te bereik. Terwyl tegnologie ook soms in hierdie kategorie val, soos wanneer mense aanlyn betrokke is by ander mense op ’n ander kontinent, ’n dokument deel of blog, is dit van kritiese belang dat veral jong leerders leer om van aangesig tot aangesig saam te werk.”

Begeleiding in die leerproses

“’n Kombinasie van die gemak wat die tegnologie onderwysers bied en die verslawingsfaktor by leerders kan daartoe lei dat skerms onderwysers “vervang”, nes ouers baie keer skerms as babaoppassers gebruik.”

“Die doeltreffendste wyse om tegnologie aan te wend is om leer te ondersteun, te versterk, uit te brei en te verryk.  Wanneer iemand egter aanneem dat kinders op hul eie deur tegnologie kan leer, veral tegnologie wat nie interaktief is of reageer op dit wat die kind doen nie, raak dit riskant.”

“Sogenaamde passiewe tegnologie soos e-boeke waarin leerders nie aantekeninge kan maak nie, ondersteun die leerproses minder as gedrukte tekste waarin leerders kerndele kan onderstreep.”

Die bestuur van tegnologie

“Afgesien van die ooglopende gevaar dat jongmense aanlyn toegang tot onvanpaste inligting kan kry, is die klaskamerbestuur van toestelle noodsaaklik. As ’n leerder tydens klastyd virtueel kan wegdwaal en ’n speletjie speel of tyd op sosiale media kan deurbring, lei dit tot die verlies van kosbare onderrigtyd.”

“Skole en ander instellings moet dus maatreëls in plek stel wat toegang tot die noodsaaklike leerstof beperk.”

Die hantering van toestelle

“Hoewel dit sinvol voorkom om leerders en studente toe te laat om hul eie apparate klas toe te bring, raak dit problematies wanneer toestelle nie met mekaar praat nie of nie behoorlik gelaai is nie.  Skole moet die standaarde stel waaraan hierdie toestelle moet voldoen, en genoeg muurproppe en laaistasies hê. Daar moet ook goeie sein en voldoende bandwydte op die kampus wees.”

’n Goeie balans

“Tegnologie moet nooit oorneem in die mate dat die leerproses tot stilstand kom wanneer daar ’n tegniese probleem is nie. Goeie onderwysers moet kan voortgaan, selfs wanneer ’n tegnologiese probleem opduik. Hulle moet kan oorskakel na ’n les waar die leerders saamwerk, en dieselfde uitkomste bereik.”

Uitmuntende onderwysers

“Hoewel die tegnologie se voordele nie oorbeklemtoon kan word nie, moet die belangrikheid van goeie onderwysers ook nie onderskat word nie. Uitstekende onderwysers wek leerders se belangstelling, skep opwinding in die klaskamer, kry die leerders betrokke, en verbreed leerders se denkwyse. Hulle weet hoe om konsepte en beginsels aan leerders oor te dra en die leerervaring só aan te pas dat die behoeftes van individuele leerders met verskillende leerstyle vervul word.”

“Kwaliteitonderrig hang nie af van die tegnologie nie. As skole waarlik glo in die kernbelang van onderwys as die magiese deel van die leerproses, sal hulle tegnologiese besluite neem wat leer en onderrig ondersteun, en nie ondermyn nie.”

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.