kategorieë: GebakKos

Tert met sjokolade en gesoute karamel

maak 1 groot ronde tert (6-8 mense)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deeg
• 160 g koekmeel
• 30 g amandelmeel
• 30 g kakaopoeier
• 50 g suiker
• 2,5 ml (½ t) sout
• 110 g koue botter, in blokkies gesny
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 1 eier
• 15-30 ml (1-2 e) yswater

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Karamelvulsel
• 300 g suiker
• 125 ml (½ k) water
• 125 ml (½ k) room
• 70 g botter
• 5 ml (1 t) sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sjokolade-ganache
• 125 ml (½ k) room
• 120 g 70% donkersjokolade, fyngekap
• 125 g gemengde bessies vir opdiening

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n 23 cm-losboomriffelpan met kleefwerende kossproei.
2 Meng die koekmeel, amandelmeel, kakaopoeier, suiker en sout deeglik in ’n voedselverwerker.
3 Voeg die botter by en verwerk tot dit soos growwe broodkrummels lyk. Voeg die vanieljegeursel, eier en water by en meng tot die deeg saamkom.
4 Druk die deeg plat in ’n sirkel en draai in kleefplastiek toe. Sit vir 30 min. in die yskas.
5 Rol die deeg 5 mm dik uit op ’n skoon werkvlak wat liggies met meel bestuif is. Voer die tertpan met die deeg uit en sny enige oortollige deeg af. Sit vir 30 min. in die yskas.
6 Bak die terkors blind en bak vir nog 15 min. of tot gaar en bros.
7 Haal uit en laat afkoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Karamel
8 Meng die suiker en water in ’n klein kastrol oor matige hitte. Roer tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut totdat die karamel ’n redelike donker goue kleur het.
9 Haal af en voeg die room, botter en sout by.
10 Roer tot goed gemeng. Laat afkoel. Vul die tertkors met die karamel en sit vir 4-5 uur of tot gestol in die yskas.

Sjokolade-ganache
11 Verhit die room oor matige hitte tot kookpunt. Haal af en voeg die sjokolade by. Roer totdat die sjokolade gesmelt is. Laat afkoel.
12 Smeer die ganache oor die karamel in die tertkors.
13 Sit vir 3-4 uur in die yskas en haal net voor opdiening uit, anders loop die karamel te veel. Sit met vars bessies voor.

Hoe bak ’n mens tertdeeg blind?

• Tertkorsdeeg moet altyd blind gebak word om te verseker dat die tertkors bros is aan die onderkant en nie sag en klam bly nie.
• Die tertkors word geprik voor die bakslag om ekstra vog te laat ontsnap en ook om te voorkom dat die deeg oppof.

Blindbak so:
1 Voer die tertpan uit met die deeg volgens die aanwysings.
2 Prik oraloor liggies met ’n vurk.
3 Frommel ’n vel bakpapier op (groot genoeg om die boom te bedek). Dit maak dit makliker om die papier knus in die tertpan te laat pas.
4 Sit die bakpapier op die tertdeeg en gooi blindbakbone (te kry by kombuiswinkels) of droë rys of bone op die papier.
5 Bak die tertdeeg volgens die aanwysings en lig die bakpapier ná die bakslag versigtig uit.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.